Cullinan Diamant / 26 Januarie 1905

26 Januarie 1905

Cullinan diamant

Die wêreld se grootste diamant gevind

Cullinan

Gauteng

26 Januarie 1905 vind Frederick Wells tydens ń roetine inspeksie in die Premier myn no 2 die grootste diamant. Ongeveer 6 meter onder die oppervlak sien hy ń glinstering in die dak van die myn. Nadere ondersoek vind hy ń 3106, 75 karaat diamant (621,35 g), 10,1cm lank, 6, 35 wyd en 5, 9 cm diep. Hy oorhandig die diamant aan die eienaar van die myn, Sir Thomas Cullinan, wat die diamant bekendstel en sedertdien staan dit bekend as die Cullinan diamant.

4 van die diamant se 8 sye was glad wat aandui dat dit deel was van ń veel goter diamant wat deur natuurlike kragte opgebreek is. Blou-wit van kleur met ń klein lugborrel vasgevang wat op sekere vlakke ń reënboog uitgestraal het. Die diamant is eers in Standerdbank Johannesburg uitgestal waar sowat 8000 tot 9000 mense daarna gaan kyk het.

April 1905 word die diamant te koop aangebied in London, maar ten spyte van baie belangstelling word hy nie verkoop nie.

1907 koop die Transvaalse Provinsiale Regering die diamant. Op 9 November 1907 gee hulle dit as geskenk aan Koning Edward VII vir sy 66ste verjaarsdag.

As veiligheidsmaatreël word ń vals diamant per stoomskip na Engeland gestuur, onder streng bewaking en toegesluit in die kaptein se kluis.

Die ware diamant word intussen in ń gewone houer per geregistreerde pos na Engeland gestuur.

Die diamant word gesny deur Joseph Asscher, hoof van Asscher Diamond Company in Amsterdam. Hy neem die diamant in sy jas se sak Amsterdam toe terwyl ń vals diamant weer as veiligheidsmaatreël onder streng bewaking vervoer word.

Asscher bestudeer eers vir sowat 6 maande die diamant voor hy die diamant sny. Hy maak ń sny van 1,3 cm in een sy en beplan om diamant te kloof met een hou.

Eerste probeerslag breek die lem met geen effek op diamant.

Tweede probeerslag slaag, die diamant breek in stukke soos beplan.

Asscher val flou neer van spanning.

3 mense werk 8 maande aan hierdie diamant en sny 9 groot stene en meer as 100 kleiner stene uit hierdie Cullinan diamant.

Die grootste is die “Star of Africa I” oftewel “Cullinan I”, 530,4 karaat(106, 08 gram).

Cullinan I is gemonteer in die Britse Koninklike septer, in die top gedeelte en kan uitgehaal word en ook as borsspeld of hangertjie gebruik word.

Die tweede grootste is “Star of Africa II” of “Cullinan II”, 317, 4 karaat (63, 489 gram) en is in die koninklike kroon gemonteer.

Hierdie twee grootstes is aan Btitse Koningshuis gegee en vorm deel van die Britse Kroonjuwele en die res het in Amsterdam gebly waar dit verkoop is om kostes van breking en slyping te dek.

Suid-Afrika koop die res van die groter Cullinandiamante, net nie die Cullinan VI nie. 28 Junie 1910 skenk SA Regering hierdie diamante aan Koningin Mary, vrou van Koning George V, wat sommige hiervan in ń lang platinum ketting laat set het. Sy het dit dikwels gedra. Haar erfgenaam Koningin Elizabeth II, haar kleindogter, het dit nog nooit in die openbaar gedra nie want sy sê:” it gets in the soup.”

Koning Egward VII koop Cullinan VI vir sy vrou Alexandra in 1907. Koningin Mary erf ook hierdie diamant. Sy laat alles na aan haar kleindogter Elizabeth II.

Huidig behoort al hierdie diamante aan Koningin Elizabeth II.

Bonne: Internet. Wikipedia. Southcoastherald.co.za.

Fotos:Internet

Maak 'n opvolg-bydrae