FAK Udolpho Rivierplaas Parys Die Penkop OpstaanVrouebeeld

Die Penkop

FAK Udolpho Rivierplaas

Parys

Vrystaat

Die Penkop

FAK loods ń projek om nuwe monumente op te rig om hulle 90ste bestaansjaar te vier.

Volgens Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, nuwe monumente vir ń nuwe generasie Afrikaners, vir kontinuïteit tussen die verlede en die toekoms. Iets om op trots te wees, ń storie van hoop. “Ons is nog hier, ons gaan nie weg nie.”

“Die jeug moet trots wees op wie hulle is. Opstaan vir hulle land ( nie met geweer nie), met moed en oortuiging vir dit wat saak maak.”

Jare lank al word die verwoestende ABO herdenk en die lyding en tragedie wat die Verskroeide Aarde Beleid teweeg gebring het.

Iets wat in gedagte gehou moet word is die kinders wat die ABO en sy wrede konsentrasiekampe oorleef het en wat moes opstaan en weer alles opbou na die oorlog.

Die Penkop beeld is opgerig om hierdie jong seuns te vereer wat in die oorlog geveg het en oorleef het.

Die Penkop

Onthul Junie 2019

Beeldhouer is Jacques Müller wat sê hy het ń beeld uit klip gemaak, deur die oë van ń kind, vir ń kind.

Penkop is die naam vir jong seuns wat geveg het in ABO.

Die Penkop beeld is uit sandsteen gebeitel, ń beeld van ń jong seun gewapen met ń pistool.

ń Pistool van ń gesneuwelde offisier, die laaste uitweg.

Omhels deur ń leë bandolier wat geen doel meer dien nie.

Die gesig van ń kind wat vinnig man moes word, sy onskuld gesteel deur oorlog en lyding en onmenslike omstandighede. Onseker oor sy toekoms.

Maar rotsvas, uit rots gekerf. Rotsvas in geloof, rotsvas in volharding, trots en met hoop vir die toekoms.

Aan sy linkerkant is ń vlam en ń wiel wat dui op ń vlam wat nooit sal doodgaan nie, onblusbaar, en ń wiel wat dui op vooruitgang, versteen as rigtingwyser. Vasberade. Hou Koers.

Aan die voet die woorde:

Ek het ñ kind gemaak. Uit die oë van ń kind. Vir ń kind.

Hierdie kind se aarde is verskroei.

Sy onskuld gesteel, deur die besluite van grootmense.

Al die fases van ń seun se grootwordjare, kleuter, adolessent en uiteindelik man word in hierdie gesig uitgebeeld. ń Man in die lyf van ń seun.

Onseker oor sy voorkoms en doel op aarde, neem hy rotsvas stelling in teen die noodlot wat ongenooid op hom afstuur.

Omhels deur bandolier wat geen doel meer dien nie, sy laaste uitweg die 7.63-mauser pistool wat ń gesneuwelde offisier hom nagelaat het.

Saam met die seunsfiguur is ń AAMBEELD onthul, simbool van harde werk, simbool van staal, die daadkrag en harde werk van die na-oorlogse seun.

Agter die beeld is gedenkmure met die name van 2 466 penkoppe tussen 6 en 16 jaar oud wat die ABO oorleef het.

Die boodskap vir vandag se kinders: WEES TROTS OP WIE JY IS EN WAAR JY VANDAAN KOM.

Bron: FAK

Maroelamedia

Fotos: Oktober 2020 Ströh\

Nuwe Vrouemonument

OPSTAAN Vrouebeeld

FAK Udolpho Rivierplaas

Parys

Vrystaat

FAK loods ń projek om nuwe monumente op te rig om hulle 90ste bestaansjaar te vier.

Volgens Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, nuwe monumente vir ń nuwe generasie Afrikaners, vir kontinuïteit tussen die verlede en die toekoms. Iets om op trots te wees, ń storie van hoop. “Ons is nog hier, ons gaan nie weg nie.”

“Die jeug moet trots wees op wie hulle is. Opstaan vir hulle land ( nie met geweer nie), met moed en oortuiging vir dit wat saak maak.”

Jare lank al word die verwoestende ABO herdenk en die lyding en tragedie wat die Verskroeide Aarde Beleid teweeg gebring het.

Iets wat in gedagte gehou moet word is die kinders en vroue wat die ABO en sy wrede konsentrasiekampe oorleef het en wat moes opstaan en weer alles opbou na die oorlog.

OPSTAAN

Vrouebeeld

Beeldhouer Jacques Müller

Onthul Augustus 2020

Simbool van die geloof en volharding van die vroue deur die ABO, ń tydperk van onmenslike tragedie in die Afrikaner se volksgeskiedenis. Die vrou wat opgestaan het uit die as en weer begin opbou het.

Die Afrikanervrou en dogter wat konsentrasiekampe van die ABO oorleef het en wat teruggekeer het na hulle afgebrande plase in puin.

Die vroue wat self hand aan die ploeg geslaan het en plase herbou het.

Die beeld in brons en klip.

Die trotse Afrikanervrou se stoere gelaat in brons uitgebeeld. Haar gelaatstrekke sterk, vasberade en trots.

Haar houding gedrewe en trots.

Agter haar rug ń ploeg, getrek oor ñ gebroke aarde.

Die gebroke aarde word voorgestel deur 4 verskillende klippe op ń sandsteen basis. Die klippe dui op die gebroke Boererepublieke, die Transvaal en die Vrystaat.

Die ploeg is met meesterlike presiesheid gegiet, fyn bronsgietwerk.

Agter die vrouebeeld herinneringsmure met 800 name van vrouens en dogters wat die ABO oorleef het.

Voor die beeld, ń ploegskaar.

Jacques Müller se beeld is geïnspireer deur ń roerende brief wat ń jong Afrikanerdogter in 1903 aan haar pa geskryf het terwyl hy in ballingskap was. Sy skryf dat sy ń emmer koring gekry het wat sy wil saai sodat haar pa, as hy terugkom, die oes kan sien.

Ook beïnvloed deur Georgiana Solomon, ń Skotse filantroop, opvoeder en kampvegter in SA wat in 1905 die toestand van die Boeregesinne op die plase beskryf het. Sy skryf dat sy tydens haar reise op Transvaalse en Vrystaatse plase dikwels vroue aangetref het wat hulleself in spanne van 9 voor ploeë ingespan het om saad in die grond te kry. Daar was nie osse beskikbaar vir díe werk nie.

Verskroeide Aarde Monumentgroep

Op Udolpo vorm hierdie vrouebeeld deel van ń groep monumente.

Penkop beeld : Die Penkop

Aambeeld

Herinneringsmure met name

Vrouebeeld :Opstaan

Oorspronklike ABO grafstene van kinders wat so jonk as 2 en 3 jaar gesterf het.

Die grafsteen van Paul Kruger uit Rustenburg graniet wat nog van sy plaas afkomstig was.

Bronne:FAK

Maroela Media

Fotos:Oktober 2020. Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae