Jan Smuts Lughawe/ OR Tambo Kemptonpark Vlieëniers

Standbeeld van 2 vlieëniers

OR Tambo internasionale lughawe

Jan Smuts lughawe

Kemptonpark

Standbeeld is 20 Maart 1956 aan Jan Smuts Lughawe geskenk deur die British Overseas Airways Corporation ter herdenking aan die eerste vlug vanaf Londen na Kaapstad.

Maart 1920 het LuitKol Pierre van Ryneveld en eskader leier Quintin Brand die lugvaart onderneem. Die gevolg was noue samewerking tussen Britse en SA burgerlike lugvaart.

Sir Pierre van Ryneveld was die vleuel bevelvoerder van die 11de vleuel (XI Wing) waaronder die no 74 Eskader van die Royal Air Force (RAF)volle operasionele diens gelewer het sedert 1918.

Sir Pierre was een van 2 pioneer vlieëniers wat die eerste vlug van Brittanje na SA ondeneem het. Sy mede vlieënier was Sir Quintin Brand. Beide se afbeeldings is op die standbeeld te sien.

Die standbeeld is huidig nogal weggesteek heel agter in gebou by een van die uitkykpunte aan die internasionale kant. Nogal ń soektog om te vind.

Bron: Military History Journal vol 1.

Fotos: 2019 Gysbertus Johannes Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae