Vuurtoring St Blaize Mosselbaai

Vuurtoring

Cape St. Blaize

Mosselbaai

Wes-Kaap

Cape St Blaize

ń Vierkantige wit toring met ń wit lanternhuis gebou bo-op ń soliede rots in 1864.

Reg onder die St Blaize Vuurtoring is ń grot met tekens van inwoners uit ń baie vroeë tyd, moontlik 8000 jaar gelede.

Die toring is 14, 9 m hoog, maar vanweë sy ligging op die rots is hy 73 m bo seevlak.

John Armstrong was in 1864 die eerste vuurtoringwagter wat toegerus was met ń handgeskrewe handleiding van sy pligte en ook ń stel vlae en ń kodeboek waarvolgens hy vlae aan die vlagpale moes ophys.

Hierdie vuurtoring was altyd baie gewild onder die vuurtoringwagters en hulle gesinne want hy is maklik bereikbaar en naby die dorp Mosselbaai en nie so afgeleë soos sommige van die ander vuurtorings nie. Daar is selfs trappies uitgekap na die toring toe, ongelukkig nou toegespan bo by die toring self. Volg maar die teerpad. St. Baize is sekere tye oop vir besoekers.

Die rots waarop die vuurtoring staan, bied blyplek aan honderde dassies.

Batholomeus Diaz het 1488 hierdie hawe ingeseil op die feesdag van Saõ Bras (feesdag van Saint Blaize). Hy noem hierdie plek St Blaize, vandag bekend as Mosselbaai. Hy vind ook ń varswater fontein hier en noem dit Aguada da Saõ Bras – Die Waterfontein van St Baize.

Bron: Lighthouses of SA G. Hoberman

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019

St. Blaize Vuurtoring. Die :Punt, Mosselbaai, gebou 1864 en ontwerp deur Ingenieur R. Robinson. Die lig was staties en in 1897 is ‘n roterende lig geïnstaleer wat steeds gebruik word. Dit was die laaste Vuurtoring in Suid-Afrika wat 24 uur ‘n dag beman was. Tans word dit slegs periodiek deur Inspekteurs besoek

KAAP ST BLAIZE GROT Die Punt, Mosselbaai so genoem 1497 deur Vasco da Gama toe hy op die dag van St. Blaize hier arriveer. Oorspronklik is vermoed dat die skulpneerslae daar deur voëls gebring is maar Lichtenstein skryf 1810 dat die Grot deur jagters bewoon is wie meestal skulpvis geëet het. In 1888 het Sir George Leith vasgestel dat die skulpe daar gelaat is deur die grotbewoners. Bewyse van Middel Eeuse bewoning is gevind. Latere opgrawings deur Prof. Marean van die Instituut van Menslike Oorsprong te Universiteit van Arizona vind bewyse van sover as 160 000 jaar gelede.

Maak 'n opvolg-bydrae