Cape St Blaize Grotte Mosselbaai

Grotte

Cape St Blaize Grotte

Mosselbaai

Wes-Kaap

Grotte

In Mosselbaai omgewing vind ons heelwat grotte, die Pinnacle grotte en St Blaize grotte. Hierdie grotte neem jou meer as 100 000 jaar terug in die verlede en word beskou as as die punt van die mens se oorsprong.

Hierdie is baie belangrike argeologiese gebiede met fossielbewyse en artefakte van mense wat hier geleef het duisende jare gelede.

1888 is hier klipwerktuie gevind van ongeveer 80 000 jaar gelede, Middel Steentydperk. Hierdie werktuie is by die Diaz Museum te sien. 1889, 1920 is daar navorsing gedoen en sedert 2000 word hierdie grotte sistematies deursoek, internasionale argeoloë hierby betrokke. Hier het hul selfs bewyse gevind, die oudste tot dusver, van die gebruik van hitte om werksgereedskap uit rots te maak.

Net onder die Cape St Blaize Vuurtoring is die Cape St Blaize grotte onder ń oorhangrots. Hier het vir duisende jare mense gewoon en geleef van skulpvis en vis. San-Jagters en Khoi San het honderde jare hier gewoon, dalk duisende, nog, nog lank voor die koloniale era 1488.

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019

KAAP ST BLAIZE GROT Die Punt, Mosselbaai so genoem 1497 deur Vasco da Gama toe hy op die dag van St. Blaize hier arriveer. Oorspronklik is vermoed dat die skulpneerslae daar deur voëls gebring is maar Lichtenstein skryf 1810 dat die Grot deur jagters bewoon is wie meestal skulpvis geëet het. In 1888 het Sir George Leith vasgestel dat die skulpe daar gelaat is deur die grotbewoners. Bewyse van Middel Eeuse bewoning is gevind. Latere opgrawings deur Prof. Marean van die Instituut van Menslike Oorsprong te Universiteit van Arizona vind bewyse van sovêr as 160000 jaar gelede.

Maak 'n opvolg-bydrae