Dias Museum Poskantoorboom Mosselbaai

Dias Museum

Batholomeus Dias Museum

Mosselbaai

Wes-Kaap

Maritieme Museum

Hierdie museum is hier beplan sedert 1960 en amptelik geopen 1963. Aanvanklik nie ń spesifieke tema gebruik nie en plaaslike inwoners het items van historiese waarde geskenk aan Museum.

1984 is die naam verander na die Poskantoor Boom Museum.

1989 is die naam verander na die Dias Museum na die Dias Fees van 1988 wat die Portugese seevaarder se aankoms in 1488 herdenk het.

Vir die fees is ń lewensgrootte replika van Dias se karveel in Portugal gebou en díe het dieselfde vaart/ seeroete van 1488 aangepak Mosselbaai toe in 1988. Die karveel is hier uit die water gelig en op ń droogdok in die museum geplaas en is die groot aantrekkingskrag vir besoekers. Verstommend om so gevaarlike reis met so ń skippie te moes aanpak in 1488.

Sedertdien is die museum se fokus op die Portugese seevaarders se geskiedenis vanaf 1488 asook die vroeë Engelse en Hollandse seevaarders.

Mosselbaai geskiedenis word ook hier interessant uitgestal.

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2020

Skulpmuseum en Akwarium

Sedert 1902 is hier ń skulpmuseum, huisves die grootste skulpversameling in Afrika. Die akwarium het ń versameling klein seediere en ook ń “Touch Tank” waar seediertjies aangeraak en aan gevat kan word. Die kinders se droom

Munro Hoek Kothuise

Die Munro kothuise in Kaaps Hollandse styl is op die Dias Museumterrein. Dit is replikas van Alexander Munro se huise gebou in 1830. Munro het hulle gebou as Walvisstasie, Robjag ekspedisies en vissersman kantiene. Hierdie kothuise word huidig gebruik as kantore vir internasionale argeoloë en navorsers. (En vakansieverblyf soos waargeneem tydens ons besoek.)

Waterfontein

Hier in Mosselbaai maak Europeërs eerste kontak met die plaaslike inwoners aan Suidpunt van Afrika. Vriendelike ontmoeting. Hier vind Dias ń varswaterfontein wat hy Aguada de Saõ Bras noem – Waterfontein van St Blaize. Die waterfontein pragtig nog hier op die museumterrein

Poskantoorboom

1500 hang ń skipbreukeling ń skoen op in ń melkbosboom naby die varswaterfontein. In due skoen laat hy ń boodskap om te vertel van sy skip wat gestrand het. Hierdie baai was ń gewilde aandoenplek vir skepe om varswater aan te vul. Die inheemse volk was ook vriendelik en tegemoetkomend. Gou het hierdie boom in gebruik geraak deur vroeë matrose om boodskappe in te los, in skoene, in bottels. As ń skip bv onderweg is vanaf Europa na Indië, laat matrose boodskappe on boom. Die volgende terugkerende skip sal dan die boodskappe saamneem terug Europa toe.

ń Monument in die vorm van ń skoen is later gebou om hierdie belangrike plek van kommunikasie en samewerking tussen mense te herdenk.

Graanskuur

1786 het VOC herdie skure opgerig om graan en wol in te berg. 1989 is huidige gebou op die fondasie van die oorspronklike graanskuur gebou.

Klipkruis: Replika van Dias se kruis teen koppie. Christelike simbool. Beeld van Bartholomeus Dias. Botaniese tuin met bordjies met Braile skrif.

Orals op die terrein skuil verrassings soos die beeld van Bartholomeus Dias, replika van sy kruis en die eerste Christelike relikwie (1501)op Suid Afrikaanse bodem. Die inheemse plante ń ryke verskeidenheid.

Maak 'n opvolg-bydrae