Kaap Agulhas Vuurtoring. Kaap Agulhas. Wes-Kaap

 Kaap Agulhas

Mees suidelike punt van Afrika.

Die amptelike punt waar twee oseane ontmoet, die Indiese en Atlantiese Oseane.

Die naam Agulhas is Portugees vir Naalde en diy verwys na die rotse en riwwe waar menigte skepe al gestrand het.

Hierdie geografiese suidelike punt van Afrika is ń plattelandse area met ń klipstrand en is berug vir storms (veral in die winter) en reuse fratsgolwe. Gevaarlik vir skepe. Stukke skeepswrakke word on Bredasdorp se skeepswrakmuseum bewaar.

Die water naby die kus is redelik vlak en die Agulhasbank is van die beste visvangplekke in SA.

1849 is die Kaap Agulhas vuurtoring gebou om ontdekkingsreisigers en handelskepe te waarsku. Dit is die 2de oudste werkende toring im die land en huisves ń unieke vuurtoringmuseum.

Kaap Agulhas Vuurtoring

Kaap Agulhas

Mees suidelike punt van Afrika.

Dit is die 3de vuurtoring  wat gebou is en die 2de oudste werkende toring in SA. Die oudste is die Groenpunt vuurtoring.

Vuurtoring is gebou om ontdekkingsreisigers  en handelsskepe te waarsku teen gevaar van ruwe rotse en stormsee. Verskeie skeepswrakke lê hier as stille getuies van die gevaarlike kus. Meer as 120 opgetekende skeepswrakke lê hier langs die kus.

Portugese  seevaarders het alreeds in die 1400’s hier probleme ervaar  as hulle om die Cabo das Agulhas (Kaap van naalde) gevaar het. Kompasnaalde wat deurmekaar geraak het, digte mis, rotsbanke, storms en fratsgolwe het hierdie gedeelte van die vaart bitter gevaarlik gemaak.

1840 het ń boer  uit die geweste, Michiel van Breda, (Bredasdorp na hom vernoem) gepleit vir die oprigting van ñ vuurtoring. Sy rede was dat hy nie meer kon toekyk hoe skepe naby sy huis vergaan nie, hoe kosbare vrag myle verstrooid lê en hoe liggame deur aasvoëls gevreet word nie.

Die trae houding van die owerhede noop Van Breda om grond te skenk vir die projek, sowel as 20 pond. Geld het toe begin instroom vanuit verskeie oorde, selfs vanuit Bombaai en St Helena.

Charles Mitchell en Van Breda het albei ń passie gehad om die vuurtoring te bou en het onverpoos gewerk, beplan en gebou daaraan, maar nie een het die voorreg gehad om hierdie flikkerende lig te sien werk in die voltooide toring nie.

8 Januarie 1848 is die hoeksteen gelê en in 1849 aangesteek.

Die ontwerp van die vuurtoring is geskoei op Alexander se Pharos vuurtoring (Egiptiese Faros Lighthouse). ń 27m hoë vuurtoring wat 31 m bo seevlak uittroon. Die mure aan onderkant is 3m dik en 71 trappies lei na die bopunt waar  7 500 000 kerskrag elke 5 sekondes blits. Skaapvet van skaapsterte wat aan brand gesteek is, is aanvanklik gebruik as brandstof en later vervang deur roosolie (vandaar die naam ” vuur ” toring). Later vervang met meer moderne tegnologie.

Hierdie wêreldbekende baken is in 1973 as historiese landmerk en nasionale monument verklaar.

Nogtans het die lig ophou draai in sewentiger jare weens gebrek aan fondse en gebrek aan instandhouding. Vandale het vuurtoring verniel, vuurgemaak binnekant, glas gebreek en voëls het begin nesmaak. Besorgde suidpunters (plaaslike inwoners) het toring se deure gesluit en ingespring om toring te red en te herstel. 1988 is vuurtoring heropen. Binne is ń museum gehuisves.

By die Kaap Agulhas Vuurtoring is ń replika van die “Wooden Lady of Agulhas”. Die oorsprong of die skip vanwaar die boegbeeld afgebreek het en uitgespoel het hier op die kus bly steeds ń groot raaisel.

Bron.Internet. Wikipedia. Agulhas toerisme.

Fotos. Internet. Marelize Vermeulen 2018.

Didi Basson. 01 Maart 2019  · South African History Today

Today, 170 years ago, The Cape Agulhas lighthouse begins operating.

Thursday, 1 March 1849

Contrary to popular belief, Cape Agulhas and not Cape Point is the southernmost tip of Africa. The seas around Cape Agulhas – about two hours’ drive from Cape Town – are very treacherous and have caused numerous shipwrecks. Therefore the construction of a lighthouse at Agulhas was requested in March 1837 by the Cape’s surveyor-general and civil engineer, Colonel C.C. Michell.

It took years for the Cape Legislative Council to raise the money to begin building the lighthouse, but construction eventually began on 1 April 1847. On 8 January 1848, the foundation stone was laid in the presence of the governor Sir Harry Smith, Michell and the 90 odd workmen who had laid over 18,000 cubic feet of cut-masonry.

The lighthouse was based on the design of the ancient lighthouse of Pharos, one of the Seven Ancient Wonders of the world and it was built from limestone. The lighthouse began operating on 1 March 1849.

Today, the Agulhas lighthouse is the second oldest working lighthouse in South Africa and was declared a national monument in 1973. The light house is used in combination with a radio transmitter to warn ships not to come to close to shore.

The warm Agulhas Current and the cold Benguela Current meet somewhere between Cape Agulhas and Cape Point. Visitors who climb the narrow ladder to the top of the light house are rewarded with a panoramic view of the Indian Ocean.

Facebook pos deur F Wallis:

Twaalf jaar nadat ‘n aansoek vir ‘n ligtoring by Kaap Agulhas in Maart 1837 deur die Kaapse landmeter-generaal en siviele ingenieur, kol. J C Mitchell ingedien is, kon dit op 1 Maart 1849 in werking gestel word. Dit het tien jaar geduur vir die Kaapse Wetgewende Raad om genoeg geld in te samel, en die bouwerk kon eers op 1 April 1847 begin. Die hoeksteen is op 8 Januarie 1848 deur goewerneur Harry Smith gelê. Sowat 90 werkers is vir die bouwerk gebruik. Die Agulhas-ligtoring van kalksteen, is baseer op die ontwerp van die antieke ligtoring van Pharos, een van die Sewe Antieke Wonders van die Wêreld. Dit is die tweede-oudste werkende ligtoring in die land en is in 1973 as ‘n nasionale monument verklaar. (South African History On Line)

Facebook pos deur Hannes Steyn:

1 Maart 1849 – Die ligtoring (of vuurtoring) by Kaap Agulhas is in gebruik geneem.

Kaap Agulhas is die geografiese suidelike punt van die Afrikavasteland. Dit is geleë in ‘n plattelandse gebied, ongeveer 170 km. oos en ‘n bietjie suid van Kaapstad. Dit is ‘n onopmerklike klipstrand en was dit nie vir die inligtingsbord wat die plek aangedui het nie, sou ‘n mens seker nie kon raai dat hierdie spesifieke punt die suidelike punt van die Afrikavasteland is nie. Daar is egter eilande wat deel uitmaak van Afrika, wat verder suid lê, bv. Marioneiland.

Die see rondom Kaap Agulhas is berug vir winterstorms en reuse golwe. Meer as 120 opgetekende skeepswrakke lê hier langs die kus. Daarom het die Kaapse landmeter-generaal en siviele ingenieur, kolonel Charles Michell, in Maart 1837 versoek dat ‘n ligtoring by Kaap Agulhas opgerig word.

Dit het jare geneem vir die Kaapse Wetgewende Raad om die geld in te samel voordat bouwerk aan die ligtoring kon begin. Op 8 Januarie 1848 is die hoeksteen gelê in die teenwoordigheid van goewerneur sir Harry Smith, kolonel Charles Michell en 90 werkers. Die 27m. hoë ligtoring het op 1 Maart 1849 begin werk.

Lig is aanvanklik verskaf deur die vet van skaapsterte in ‘n vetlamp te brand. In 1905 is die vetlamp vervang met ‘n olielamp. In 1936 is ‘n elektriese lig geïnstalleer van 12 000 000 kerskrag wat 24km. ver sigbaar is.

In 1962 het die sandsteen waaruit die ligtoring gebou is, begin ingee en in 1968 is ‘n tydelike aluminiumtoring in die nabyheid opgerig. Teen 1988 is herstelwerk aan die ligtoring afgehandel. Op 28 Januarie 1994 is ‘n museum by die ligtoring amptelik geopen.

Die ligtoring by Kaap Agulhas is die tweede oudste werkende ligtoring in Suid-Afrika en is in 1973 tot nasionale monument verklaar. Die oudste is die Groenpuntligtoring in Kaapstad.

Naskrif: Die meridiaan van Kaap Agulhas (20° O.L.) word offisiëel as die samekoms van die Indiese- en Atlantiese oseane aanvaar. Dit beteken dat Valsbaai, en selfs Walkerbaai by Gansbaai, binne die Atlantiese oseaan lê. Die warm Mosambiekstroom is egter tot by die westelike punt van Valsbaai (by Kaappunt) merkbaar.

Suid van die Kaappuntligtoring, ontmoet die warm Mosambiek- en die koue Benguelastroom mekaar. Dis hoekom jy nog in die see by Simonstad in Valsbaai kan gaan swem, maar vanweë die koue water, nie sommer by Noordhoek nie.

Baie mense (ook sommige toergidse) glo verkeerdelik dat die Indiese- en Atlantiese oseane by Kaappunt ontmoet. Die naam van sekere sportbyeenkomste in die Kaapse skiereiland, soos bv. die “Two Oceans Marathon” en die naam van die eetplek by Kaappunt, die “Two Oceans Restaurant” dra daartoe by dat mense dié valsheid glo.

Maak 'n opvolg-bydrae