Robinson Pas. Wes-Kaap. Busongeluk

Robinson Pas.

Wes-Kaap

Busongelukke

29 Januarie 1988

29 November 1998

Robinson Pas

Robinson pas verbind Mosselbaai en Oudtshoorn. ń Pas met baie draaie en swaaie en prentjiemooi gesigte. Byna om elke draai is ń stukkie geskiedenis.

Mis en reën maak hierdie pas soms uiters gevaarlik en talle lewens is al hier verloor.

Halfpad teen die pas vind ons 2 interessante gedenktekens wat getuig van die gevare in hierdie pas en die bestuurder maan tot uiterste versigtigheid.

  1. SAPD Gedenkteken

29 Januarie 1988 het ń bus met SAPS studente hier ń ongeluk gehad. In die bus was ń  gimnastiek span op pad na die Dias Fees in Mosselbaai vir ń optrede. 13 van die studente het omgekom. November 1988 is hier ń gedenksteen ter herinnering opgerig.

  • Gedenksteen vir Nederlandse Toeriste

29 November 1998 omstreeks 16:30 was ń bus vol buitelandse toeriste by Harpoendraai in ń ongeluk. Twee Nederlanders Mev Tineke Buijs en Mnr W. van der Spoel het omgekom.

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019.

Maak 'n opvolg-bydrae