Meiringspoort. Driwwe, Herrie se Klip. CJ Langenhoven. Wes-Kaap

Meiringspoort

Driwwe

Wes-Kaap

Meiringspoort bied ń deurgang vanaf Oudtshoorn in Klein Karoo tot Beaufort-Wes in Groot Karoo.

16 km pad deur ń matuurlike kloof in die Swartberge met 63 draaie en talle rivierkruisings wat konsentrasie van bestuurders verg, veral as asemrowende natuur en rotsformasies die aandag trek. Die voue en plooie van eens horisontale lae van die Tafelbergsandsteen, die unieke plantegroei en talle watervalle indrukwekkend.

Meiringspoortwaterval (Die Groot Waterval)

Hier is lieflike stilhouplek en inligtingsentrum vir die reisiger en ń wandelpaadjie na die 60 m hoë waterval. Die trappies is gebou in 1925 spesiaal vir die besoek van die Prins van Wallis. Duikers het gevind dat diepte van poel onder die val sowat 9 m is en nie bodemloos soos oorvertel nie.

Geskiedenis

Vir die boere noord van die Swartberge was dit moeilik om hulle produkte soos wolbale na Kaapstad per ossewa te vervoer vir uitvoer na Europa. Mosselbaai was nader maar Swartberge was ń hindernis.

Die boere van George wou weer hulle produkte soos aartappels, patats en inheemse hout en houtmeubels verruil vir vee noord van die Swartberge.

ń Behoefte vir ń deurgangsroete ontstaan en 2854 het die bekende pasbouer Andrew Geddes Bain en ander ń roete begin soek. Charles Bell (landmeter) stel voor dat ń boerepad(ruiterpad) in die kloof van die Grootrivier (ń tak van die Olifantsrivier) verbeter kan word vir ossewaens. Die pad word gebruik deur Petrus Meiring en bure wat plase besit waardeur kloof gaan. Bell waarsku ook dat die pad baie blootgestel is aan oorstromings tydens vloede.

Spoedig word daar begin met die bou van ń pad, 93 arbeiders neem 223 dae om pad te voltooi. Interessant dat hier van arbeiders en nie bandiete gebruik gemaak is nie soos ny meeste ander passe.

3 Maart 1858 is die feestelike opening van Meiringspoort, genoem na Petrus Johannes Meiring, gebore 1799,  die eienaar van die 2 plase Varkenskraal en De Rust, waardeur die pad loop. Nie eers die feit dat die Sjampanjebottel eers na die derde probeerslag gebreek het nie kon die vreugde demp nie.

Die eerste 12 waens gepak met wolbale vertrek dieselfde dag nog na Mosselbaai.

Tot 1888 met die opening van die Swartbergpas was Meiringspoort die roete van die kus en Klein Karoo na die binneland.

Oorstromings

Geld vir instandhouding van pad is by tolhekke ingesamel. By tolhuise het winkeltjies en verblyfplekkies ontstaan.

Die eerste tollenaar Rankin het vir 15 jaar sy pos volgestaan. Hy was ń kruiekenner “Herbalist” en tandetrekker. Julie 1870 rapporteer hy dat meer as 1 miljoen kg wol reeds deur Meiringspoort na Mosselbaai vervoer is.

Ongelukkig was Bell se waarskuwings van oorstromings en verspoelings gou bewys. Kwaai reën in die Karoo het vloede in die Groot Rivier veroorsaak en pad verspoel dikwels, tolgeld is nie genoeg om pad elke keer te herstel nie.

1885 veroorsaak ń vloed weereens groot skade en Thomas Bains word gevra om te kom help met herstelwerk wat reeds besig was met bou van Swartbergpas. Hy raak betrokke en verminder heelwat van die rivierkruisings. Ook hier ontwikkel hy die tegniek van rotssplitsing. Hy verhit die rotse met ń reuse vuur en koel dan af met emmers water wat rotse laat bars.

1933 tydens die Groot Depressie laat die staat verbeterings aanbring aan die pad as ń werkskeppingsprojek.

1945 -1947 is 17 laagwaterbruggies gebou

1948 -1953 laat Oudtshoorn en Prins Albert nog laagwaterbruggies bou om onderhoudskoste te verminder.

1966-1977 word verbeteringe aangebring veral aan bottelnek tussen De Rust en Klaarstroom en pad geteer. Skietwerk word tot die minumum beperk en meeste gebruik gemaak van opvulmateriaal wat van ver af aangery word, meestal vanaf Renosterkop naby Drie Susters.

Nov 1996 verwoes ń groot vloed weereens dele van die pad. Meiringspoort is byna 3 jaar gesluit maar met heropening Oktober 2000 is dit ń toonbeeld van ingenieursvernuf. Oorblyfsels van ou pad nog hier en daar sigbaar.

Driwwe

Meiringspoort is bekend vir sy baie driwwe. Die driwwe het gereeld verspoel en van plek verander. CJ Langenhoven skryf in sy boek Sonde met die bure:”nou is in elke drif ń draai en om elke draai ń drif…”

Driwwe is vervang met laagwaterbrûe. By elke bruggie is die drif se naam aangebring.

By sommige driwwe, Peerboomdrif en Herrie se drif, is stilhouplekke vir die motoris.

Vanaf De Rust, die suidelike ingang, kry ons die driwwe

1. Spookdrif: ń Bonatuurlike lig in die vorm van ń bal is hier gesien.

2. Skasdrif: Skansmure is in die rivier gebou om verspoelings te voorkom

3. Damdrif: Hier is ń groot watergat stroomop. Bedrieglike drif waar voertuie dikwels vasgeval het

Kantoordrif: Op die ou pad was kantoordrif waar baie botsings plaasgevind het en verskeie hofsake (courtcases/ kantoorsake) het gevolg.

4. Boesmandrif: Klipskeure waar Boesmans (San) gewoon het.

5. Skelmkloofdrif: Oos lê ń groot verskuilde kloof waar water teen die rotswand na die Groot Rivier afsypel. Volgens legende het skelms hier gewoon wat Petrus Meiring se merinoskape gesteel het.

6. Aalwynsdrif: Pragtige bergalwyne teen die hange.

7. Nooiensboomdrif: 2 groot kiepersolbome (nooiensbome) het weerskante van pad gegroei met takke inmekaar gestrengel.

8. Steweldrif: Petrus Meiring se wadrywer se stewels het hier weggeslpoel en hy moes terug huis toe vir ander stewels.

Dubbeldrif: Hierdie drif het verdwyn met die bou van teerpad. Die pad is met 5 m verhoog. Die naam nou by die draai, Dubbeldrifdraai.

9. Perskeboomdrif: Daar was ń paar perskebome, waarskynlik ń paar pitte wat deur reisigers daar weggegooi is.

10. Sanddrif: Hier was sandbanke wat dikwels opdamming van water veroorsaak het. 1948 is die eerste laagwaterbrug hier gebou.

11. Herrie se drif of Nagasdrif: Naam was eers Nagaddrif (genoem na ń stamhoof van ń  Boesmangroep wat daar naby gewoon het) maar na 1929 toe Herrie se naam op die klip uitgekerf is, het die naam verander na Herrie se drif.

https://www.facebook.com/groups/372725536482372/permalink/962661067488813/

12. Witperdedrif of Rabbi se drif: ń Rabbi het hier op ń tyd met sy kar en perde weggespoel.

13. Ou Toldrif: Hier was ń ou tolhuis, lankal verdwyn.

14. Wadrif: Baie waens het hier weggespoel.

15. Witfonteindrif (Withuisiedrif): ń Sterk standhoudende stroom kristalhelder water het sy oorsprong aan die westekant van die drif. Daar is ook ń poel met ń sementvloer naby die teerpad en ń klein pomphuisie. In die 1990’s was dit bekend as Buswatertjie want die busse het hier gestop vir water.

16. Uitspandrif: Hier was plek om ń span osse uit te span.

17. Watervaldrif: Daar is ń naby geleë waterval. Na hierdie drif kry ons Langstraat, vir 2,9 km is daar geen rivierkruisings nie.

18. Ontploffingsdrif: ń Wa vol dinamiet het so vinnig oor die stamperige boerpad gery dat die dinamiet spontaan ontplof het. Tydens die ABO het die Britte hier ń fort gebou.

19. Toldrif (Derde Toldrif): Die murasies van die tolhuis nog hier sigbaar. Die tweede tolhuis verwoes met bou van die nuwe pad.

20. Rooiuitspanning se drif: Die rooi kleur van grond gee aanleiding tot naam van drif en die feit dat daar plek was vir ń paar waens om uit te span. Dit is ook die einde van Langstraat.

21. Pereboomdrif: By die Perdeskoendraai was ń baie groot saffierpeerboom. Dit was ń gewilde vergaderplek en uitsoanplek. Langs die  pad het 2 oujonhnooiens in ń huis gewoon. Toe een sterf, is sy begrawe in die eetkamer. Nie bekend wat van die oorlewende een geword het nie.

22. Bloupuntdrif (Wasvatdrif, Wasgatdrif):

Vernoem na die aangrensende plaas Bloupunt wat se afdraai net voor die drif is. Waens het hiet dikwels vasgesit in die los gruis.

Hier is diep poele waar vate gevul kon word en Karoostof afgewas kon word.

23. Valsdrif: Hier is maklik vasgeval in los gruis of diep sand.

2r. Opmetingsdrif: 1912 is hier opmetings gedoen vir die moontlike bou van ń dam in die smalste deel van die kloof.

25. Laaste drif of Eerste drif: Hang af van watter kant jy in Meiringspoort inry.

Bron: Pudtshoorn en De Rust Tourism. Internet.

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019.

Meiringspoort Wes-Kaap

Herrie se klip

CJ Langenhoven

Langs die nasionale pad, halfpad in Meiringspoort staan die klip waarop CJ Langenhoven Herrie, die olifant se naam uitgekerf het. Hierdie klip is bekend as Herrieklip.

Herrie is die olifant karakter in Langenhoven se kinderlektuur o.a Herrie op die tremspoor waar Herrie ń gesin rondgesleep het. Groot tweespalt heers onder lesers of Herrie ń denkbeeldige figuur uit Langenhoven se verbeelding was al dan nie.

“In Julie 1929 het CJ Langenhoven (1873-1932), Afrikaanse skrywer, Taalstryder en Digter van die Suid-Afrikaanse Volkslied die naam “Herrie” van die bekende olifant in sy boek “Sonde met die Bure”uitgebytel. Met sy kenmerkende humorsin het hy skertsend daarna verwys as ń monument vir homself. Die terrein is in 1973 met die honderdjarige herdenking van Langenhoven se geboortedag tot nasionale Gedenkwaardigheid verklaar.”

Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede.

Arbeidgenot, Langenhoven se tuiste in Oidtshoorn het honderde beeldjies en herdenkings ter herinnering aan Herrie.

Maak 'n opvolg-bydrae