6 April 1959 / Die Wonder van Afrikaans / Welkom / Paarl / Burgersdorp / Meyerton / Petrus Steyn / Welkom Poskoets Simboliese Ossewatrek

6 April 1959

Die Wonder van Afrikaans

DIE WONDER VAN AFRIKAANS

1959 is ń landswye fees gehou deur die FAK om die bestaan van Afrikaans as taal te vier en erken.

Die Akademie van Wetenskap en Kuns het sy 50ste bestaansjaar gevier en die FAK sy 30ste bestaansjaar.

Die FAK het hierdie mylpale gevier en met die voorstel gekom dat die tema van die vieringe moet wees: Die Wonder van Afrikaans.

April en Mei 1959 word Taalfeeste gehou dwarsoor die hele land en ook buite die landsgrense soos o.a. in Suidwes-Afrika, Rhodesië, Nederland, België, ens.

6 April 1959 is die eerste fees in Kaapstad gehou.

Daarna volg talle feeste, bygewoon deur duisende geesdriftige mense om hul Taaltrots te bewys. Bywoning geskied oor taalgrense en kleurgrense heen.

Opvoerings, voordragte, voorlesings van gedigte en toesprake vind orals in land plaas.

Feesgeskrifte, lapelwapens, aandenkings is bekend gestel en oorhandig.

Op Welkom word ñ taalmonument onthul.

Die Fees sluit af 30 Mei 1959 op ń hoogtepunt met feesvieringe in die Amfiteater van die Voortrekkermonument Pretoria. 60 000 mense woon hierdie geleentheid by.

Dr HF Verwoerd was die hoofspreker en hy noem Afrikaans “Die taal van ons wonderlike toekoms”.

Verbyvlugte van die Lagmag vertoon die woorde: “Die Van Afrikaans”. Weens ń tegniese foutjie het die woord “Wonder” verdwyn.

Na die Fees het die FAK ń rolprent in Afrikaans bekend gestel “Doodkry is min.” (1961), ń reuse sukses wat deur duisende mense gekyk is.

DIE WONDER VAN AFRIKAANS

Ek is Afrikaans.

Ek bid in Afrikaans.

Ek praat Afrikaans.

Ek koop in Afrikaans.

My Moedertaal is ‘n Amptelike taal.

Dit is die Wonder van Afrikaans.

Die Vrystaatse dorpe Kroonstad en Welkom het albei in 1959 monumente vir die Afrikaanse taal opgerig, maar heelwat ander dorpe in Suid-Afrika het hul eie klein monumente opgerig in die 1970s tydens die bou van die Taalmonument in die Paarl. Ons is bewus van ‘n hele paar sulke monumente oraloor in Suid-Afrika.

Afrikaanse Monument Welkom

Geskiedenis

Wysig

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge het in 1959, tydens die organisasie se dertigjarige bestaan taalfeeste regoor Suid-Afrika beplan. Die tema “Wonder van Afrikaans” is gekies en die idee was dat almal wat Afrikaans praat of verstaan aan die feeste, wat in die groot sentra van die land sou plaasvind, deelneem. Die gedagte aan ’n taalmonument in Welkom het ontstaan na ’n vergadering van skoolhoofde van die stad waartydens die rol van skole in die feesvieringe bespreek is. ’n Komitee van 25 lede onder leiding van J. van Zyl Alberts het inisiatief vir die oprigting van die monument, wat aanvanklik net ’n klipstapeling sou wees, geneem.

Die terrein vir die monument is deur die dorpsbestuur geskenk en is aan die westekant van Van Riebeeckpark (wat so genoem is na die Van Riebeeckfees van 1952). Die monument is ontwerp deur Gerhard Olivier en die bouplanne is deur die argitek Leon Roodt geteken. Laurika Postma was die beeldhouer van die bronskopstuk met die fakkel. Die boukoste was R6000.

Die hoeksteenlegging van die monument is 23 Mei 1959 deur prof. D.F. Malherbe waargeneem. Op 20 Augustus 1960 is die onthulling ook deur prof. Malherbe waargeneem nadat Mabel Jansen ’n tweede gedenksteen en prof. S. du Toit ’n derde gedenksteen onthul het.

Die bronskopstuk met die fakkel is deur vandale verwyder.

Ontwerp

Wysig

Die gedenkteken is 3,7 meter hoog en in die vorm van ’n prisma wat in sy geheel saamgestel is uit gelyksydige driehoeke. Die voetstuk is ’n driehoek wat gebou is uit ysterklip uit die omgewing. Die prisma met ’n trapvormige voetstukgedeelte van glad afgewerkte, ongepolyste, rooibruin Parysgraniet staan op die voetstuk en die hooffasette van gegote brons is op die prisma gemonteer.

Simboliek

Wysig

Die voetstuk van ysterklip versinnebeeld die geloof waaruit gespruit het die arbeid en uiteindelike triomf van die kampvegters vir Afrikaans. In die ligbreking van die prisma tree verskeie ligpunte van die stryd om erkenning van die taal na vore. Op die trapvormige voetstukgedeelte word die trapsgewyse ontwikkelingsgang wat tot die “Wonder van Afrikaans” gevoer het, aan elk van die drie kante van die gedenkteken in drie groepe uitgebeeld.

Die eerste groep beeld die Afrikaanse Bybel uit. Die regstreekse begeerte om die Bybel in Afrikaans te vertaal, was die aanleidende oorsaak tot die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners, wat die Afrikaanse Taalstryd ingelui het en waaruit die Afrikaanse boek gegroei het.

Op die tweede kant word die Eerste Taalbeweging vertoon, op wie se werk die Afrikaanse taalverenigings, die Tweede Taalbeweging gebou is in medewerking met ons skrywers, digters en redenaars. Almal het meegehelp tot die vinnige ontwikkeling en gevolglike erkenning van Afrikaans.

Derdens word spreektaal uitgebeeld wat baie jare reeds stil gewag het op diegene wat dit wou aangryp en indra in die skryftaal. (Geskryf en Fotos deur PMP Roux)

Maak 'n opvolg-bydrae