JG Strijdom / Strijdomhuis/ Strydomhuis / Nylstroom

Strijdomhuis/ Strydomhuis

Nylstroom

WIE WAS JG STRIJDOM?

Die Leeu van die Noorde

Die Eerste Minister van die Unie van SA 1954 tot 1958 wat met groot ywer gestreef het vir die Republiekwording van Suid-Afrika.

Premiers van SA.

1. Louis Botha Ampsaanvaarding 31 Mei 1910

2. Jan Smuts 1919

3. Genl Hertzog 1924

4. Jan Smuts 1939

5. Dr Malan 1948

6. J G Strijdom 1954 Unie van SA

7. Dr Verwoerd 1958

Republiek van SA

BEGINJARE VAN JG STRIJDOM

Johannes Gerhardus Strijdom

Gebore 14 Julie 1893 op die plaas Klipfontein Willowmore, Kaapprovinsie

Laerskool Willowmore

Hoërskool Franschhoek

Behaal ñ BA Graad in tale te Stellenbosch.

Hy het grootgeword in die Kaap en het ñ groot liefde vir die Kaap, die Geskiedenis, Tradisies en Kultuur gehad.

Na sy studies gaan boer hy ñ kort rukkie saam met sy broer op Willowmore, soos sy vader se wens was. Hulle boer met volstruise. Die val van die Volstruismark verander hulle lewens. Alhoewel die boerdery dit oorleef, verhuis Hans Strydom Pretoria toe.

In Pretoria werk hy vir ñ paar maande in die Staatsdiens Dept van Verdediging.

Sy mening oor rebellie en vrae oor die dood van Genl de la Rey maak hom ongewild in sy werksopset, en van toe af word hy geïgnoreer in sy departement.

JG Strijdom skryf in as prokureursklerk by Prokureur Meintjies (Pretoria)

Slaag sy LL. Alhoewel hy in 1918 toegelaat word tot die Kaapse balie tree hy nooit as advokaat op nie, maar praktiseer hy as prokureur.

Hy wou liewer ń plattelandse prokureurspraktyk begin.

Eers werk hy in Dullstroom, maar is nie gelukkig daar nie.

Teen almal se raad gaan open hy ‘n praktyk in Nylstroom, 1918.

Die Waterberge het sy hart gesteel want dit het hom herinner aan sy grootwordjare in die Baviaanskloof.

Die eerste maand skryf hy net 1 brief, maar hy werk hard en spoedig word hy gou bekend as ń bekwame prokureur.

HUWELIK

Hans Strijdom se eerste huwelik met die aktrise, Margaretha van Hulsteyn misluk binne die eerste jaar.

Die jong prokureurtjie op Nylstroom ontmoet een aand Februarie 1929 die pragtige Susanna de Klerk, musiekonderwyseres by die plaaslike skool, aan huis van vriende.

Sommer die volgende oggend al verras hy haar met ń pragtige bos rose uit sy eie tuin.

Januarie 1931 word Hans en Susan in huwelik bevestig in Fordsburg, haar pa was daar predikant.

Die egpaar het 2 kinders, ń seun Johannes Gerhardus en ń dogter Estelle.

Susan was eerstens huisvrou en ook musiekonderwyseres.

Hans en Susan Strijdom het ‘n groot liefde gehad vir hulle tuin en vir blomme, hy was veral ook bekend gewees vir sy groot liefde vir bome.

Dikwels het hy gou stilgehou om eers ‘n spesiale boom te gaan bekyk.

Hulle het ook ‘n liefde gedeel vir die skone en mooi in die lewe, maar was nooit vertonerig nie

JG Strijdom se groot plateversameling wys duidelik sy liefde vir musiek.

Met Susan as musiekonderwyseres het musiek gedurig in die huis weerklink en die egpaar het nie graag ‘n simfoniekonsert gemis nie.

Bo alles, JG Strijdom was baie lief vir sy gesin en sy huis, al het sy openbare pligte hom dikwels weggeneem van huis en gesin af.

Susan het sy liefde en belangstelling in die politiek gedeel en selfs van sy pligte oorgeneem as sy gesondheid dit nie toegelaat het nie.

POLITIEKE LOOPBAAN

Hans Strijdom stel van vroeg af baie in politiek belang.

Sy pa was ook ‘n beginselvaste mens met groot belangstelling in politiek.

1918 tree hy tot die politiek toe en ontluik as voorvegter vir die republikeinse ideaal.

In 1923 skryf JG Strijdom ń brief aan Ons Vaderland oor die Toekoms van Suid-Afrika.

1924 word hy genomineer as Nasionale kandidaat. Hy verloor, maar word wel in 1929 verkies as Volkraadslid vir die Waterberg distrik.

Hierdie kiesafdeling het hy ononderbroke gedien tot met sy dood.

Sedert 1933 is hy volkome toegewy aan die politiek.

1948 word hy verkies as leier om die Nasionale Party op te bou, ń taak wat hy met groot ywer en groot deernis aangepak het.

Hy lê persoonlik besoek af by talle boerehuise en spoorweghuise, van die rykste tot die armste.

In hart en siel was JG Strijdom ń volksmens.

Vir almal was hy Hans, respekvol, maar nooit familiêr nie.

Sy liefde vir boerdery het mense beïndruk.

Op plaasbesoeke het hy gewoonlik gesê hy gaan net eers gou na die vee en lande kyk, dan is hulle eers daarna plaashuis toe. Volgens die boere het hy hy baie boerdery en min politiek gepraat.

BYDRAE TOT SUID-AFRIKA

JG Strijdom kan beskou word as die argitek van die Republiek van SA

Hy het gestrewe na ‘n onafhanklike Republiek van Suid-Afrika .

Om hierdie ideaal van ‘n eie onafhanklike, vrye Republiek te behaal het hy doelgerig geveg vir:

1. Afrikaans as regstaal

2. Steun die Unievlag as enigste vlag vir SA.Een vlag, een Vaderland

3. Samewerking tussen 2 taalgroepe en bevolkingsgroepe

4. Veg vir stemreg vir 18- jariges

5. Die Stem van SA as enigste Volkslied.

JG Strijdom was bekend vir sy beginselvastheid. Soms het dit groot morele moed geverg.

Hy het dikwels verskil van ander leiers soos dr Malan en Genl Hertzog, maar altyd met respek en waardering.

Nooit het hy ñ kompromis aangegaan nie, altyd volgens sy vaste beginsels geoordeel.

Sy eerlikheid en reguit manier van praat en redeneer het aan hom die naam die “Leeu van die Noorde” besorg.

GODSDIENSTIG EN GODSVRESEND

Toe hy in 1954 as Eerste Minister verkies word, het hy dit as ń Godgegewe geleentheid beskou, bewus van ń grootse taak.

Sy grootste ideaal was ń Republiek van Suid-Afrika ,

Republikeinse Vryheid, maar dit moes die besluit van die volk self wees.

Hy berei die weg voor vir die Republiek van SA, 1961.

Hy het deeglik besef hy sal die ideaal nie self bereik nie, maar wel iemand na hom.

Soos Moses het hy die beloofde land gesien, maar nooit binne gegaan nie.

EINDE VAN JG STRIJDOM SE LEWE

JG Strijdom was ‘n harde, pligsgetroue en vasberade werker.

Hy het homself letterlik doodgewerk.

Ten spyte van ernstige gesondheidsprobleme het hy tot die einde voortgegaan met sy pligte.

1918 tydens Groot Griepepidemie het hy self siek geword en sy hart en longe het toe ‘n permanente knou gekry.

JG Strijdom sterf 24 Augustus 1958 op ouderdom 65 in Kaapstad. Bloedkanker het sy einde verhaas.

JG Strijdom se laaste sagte woorde aan Susan was :

“Totsiens”.

Eerste Minister JG Strijdom is begrawe in die Heldeakker in Pretoria, naby Paul Kruger se graf

Meer as 10 000 mense het sy roudiens by die Uniegebou bygewoon.

STRIJDOM HUIS NYLSTROOM

Adv JG Strijdom het bykans 20 jaar in hierdie huis in Kerkstraat Nylstroom gewoon.

Aanvanklik het die Strijdom egpaar in ń eenvoudige grasdakhuisie gewoon wat hulle aan die buitewyke van Nylstroom laat oprig het.

Die gesin het groter geword en in 1943 is die oorspronklike huis vergroot.

Die argitek was Gerhard Moerdijk, boorling van Waterberge.

Weens Adv Strijdom se groot vir die Kaapse boustyle ontwerp hy ń mooi Kaaps-Hollandse fassade en verander die huis na ‘n Neo-Hollandse voorkoms in 1948.

1958 na JG Strijdom se dood neem die Transvaalse Provinsiale Administrasie die huis oor en vir etlike jare word dit gebruik as ampswoning vir inspekteurs van die Onderwysdepartement. Later het selfs die hoof van die Susan Strijdomskool daar gewoon.

1975 word die huis as Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar en as museum ingerig.

Meubels, gebruiksartikels en persoonlike besittings van Adv JG Strijdom was in hierdie huismuseum bewaar om die persoon van Adv Strijdom te illustreer.

2003 is die Vryheidsbeeld van JG Strijdom wat op Strijdomplein in Pretoria opgerig was na Strijdomhuis in Nylstroom verskuif. Na die die ineenstorting en verwoesting van die kopbeeld op Strijdomplein is die brokstukke so ver as moontlik aanmekaar gelas en her-onthul by die Strijdomhuis.

http://monument-sa.co.za/strydomplein-pretoria…/

Ongelukkig is die Strijdomhuis se gebou met die jare verwaardloos en nie in stand gehou nie. Termiete het dakbalke begin vreet en groot dele van plafon opgevreet.

Die huis was nie meer ń veilige bewaarplek nie.

2022 het die Erfenisstigting ingetree, artefakte opgepak en verskuif.

Sommige artefakte is na Voortrekkermonument verskuif en die res, meestal meubels is verskuif na Udolpho, Kultuurplaas van die FAK, Parys.

http://monument-sa.co.za/ouma-se-huis-museum-adv-jg…/

TANS 2023

2023 het ñ groot deel van dIe Strijdomhuis se dak ingeval en een gewel het reeds inmekaar gestort.

Groot skade met geringe kans op herstel.

Tans is die gebou verlate en verwoes en die terrein gesluit.

Bronne: Internet. JG Strijdom. Brosjure Strijdomhuis.

Foto’s: Gys Ströh snr Augustis 2023

Samesteller: Kobie Ströh (Vaaldriehoek Kultuurnetwerk)

Maak 'n opvolg-bydrae