Reus se Voetspoor – Empuluzi – Amsterdam

Reus se Voetspoor
Empuluzi
Amsterdam area.(40 km noordoos van Amsterdam)
Naby grens tussen SA en Swaziland.
S26,18018 E30,38707
Ander name: Goliat se Voetspoor, Adam se Voetspoor, Jesus se Voetspoor, Voetspoor van God, Big Foot.

Hierdie voetspoor is teen ñ heuwel in graniet ongeveer 1,8 meter lank. Hiervolgens sou persoon wat spoor getrap het ongeveer 10,97 meter lank moes gewees het, hoogte van drieverdieping gebou. Sommige berekeninge beweer die spoor is 5000 jaar gelede in warm lawa getrap.
Die spoor lê vertikaal teen rotswand van graniet en die vorm van voet, toonholtes, brug van voet en lengte van tone pas mooi by díe van ñ menslike voet. Dit lyk asof dit in sand getrap is, sand versteen het en toe opgehef is.
Volgens sekere bewerings het kundiges van Bata skoene voetspoor gaan meet en bevestig dat dit pas by menslike voet en dat dit spesifiek pas by die linkervoet van ñ reuse vrou.
Nou is daar weer verskillende teorieë oor die ontstaan van die voetspoor.

Het ñ reus hier geloop?
Besluit self.

1. Die legende van Impuluzi. Volgens legende het Shaka Zulu die Swazi’s wat in die gebied gewoon het, uitgedryf en toe die gebied iMpuluzu genoem wat beteken “naakte godin”. Volgens oorlewering het die reuse Mpuluzi in die gebied gewoon. Sy het die voetspoor agtergelaat toe sy oor warm lawa gehardloop het na haar geliefde toe. Hierdie area met sy heuwels word beskou as area van liefde en genesing. Interessant is die area ryk aan medisinale plante.
2. Volgens dr Kredo Mutwa, leier in Afrika Spiritualisme behoort hierdie voetspoor aan ñ reus vrou , dit is haar linkervoet se afdruk en is bewys daarvan dat reuse wel op aarde was en dit word bevestig in Genesis in die Bybel. Volgens hom is dit een van die heiligste plekke in Suid-Afrika en behoort dit beskerm te word.
3. Wetenskaplikes het ñ ander verklaring. Hierdie is graniet omgewing en geoloë besjryf dit as Mpuluzi-batoliet, ongeveer 3,1 miljard jaar oud. Hier het ons te doen met intrusiewe graniet maw magma of graniet wat onder die oppervlakte van die aarde tussen ander rotse ingedring het, baie stadig afgekoel het en groot kristalle gevorm het. Een van die bestanddele van die graniet is die mineraal veldspaat wat kan verweer. Chemiese verwering deur koolsuurgas wat in water opgelos is, kan holtes veroorsaak. Volgend navorsers van bv by Stellenbosch Universiteit is hierdie voetspoor bloot ñ verweringsproduk van graniet en lyk toevallig net na ñ voetspoor.
Bron en fotos: Internet. Www.chrissiesmeer.co.za. Carel van Heerden 25.7.2009. Issuu.com.

 

 

Maak 'n opvolg-bydrae