Albasterklip / Goliat se Klip / Garies / Namakwaland /

Albasterklip

Albaster Klip

Goliat se albaster

Garies

Namakwaland

NAMAKWALAND

Namakwaland is bekend vir sy blommeprag, maar daar is baie meer agter hierdie streek met sy eienaardige landskap, sy plantelewe en minerale.

Die streek beskik oor ñ kulturele rykdom met spore van mense wat baie diep uitgetrap is.

Hierdie streek met sy uitsonderlike rotsformasies is menige geoloog se droom.

Die rots waarop hierdie streek rus, getuig van ñ ryke geologiese verlede wat strek oor biljoene jare.

ALBASTERKLIP

Sowat 110 km suid van Springbok lê die dorpe Garies.

Garies is ñ klein landboudorpie omring deur kaal granietkoppies.

Die naam Garies kom van die Khoi-woord Xharis, ñ woord wat hulle gebruik het vir kruipgras wat in die vallei aangetref word.

So 50 km uit Hondeklipbaai, op die Gariespad, naby Garies is ñ indrukwekkende reuse ronde klip in die middel van nêrens.

Hierdie klip se naam is die Albasterklip, maar word ook verskeie ander genoem soos: Goliat se klip, Goliat se albaster, Goliat se moertjie, Moertjiesklip of selfs Simson se moer.

Die name is beskrywend, sal verseker ñ paar reuse soos Goliat geverg het om hierdie klip te beweeg, albaster beskryf die ronde vorm en Moertjie is ñ baie ou speletjie wat met albasters en ñ ronde saadjie gespeel is.

Maar die groot raaisel is: Hoe het hierdie klip tot hier gekom en waarom so opvallend rond?

Die verduideliking sal ons in die geologiese geskiedenis moet gaan probeer soek.

GEOLOGIE

Hierdie eienaardige landskap en rotse het oor ñ baie lang tydperk gevorm, oor biljoene jare, vanaf prehistoriese tye, deur tye van groot klimaatsveranderinge, van vogtige nat tye tot droogtetye.

Die oudste identifeerbare rotslae is hoofsaaklik stollingsgesteentes van vulkaniese oorsprong van sowat 2 biljoen jaar gelede.

ñ Lang tydperk van indringing van gesmelte rots diep uit die aardmantel deur krake in die kors het gevolg. Die gesmelte rots het naby die aardkors afgekoel en gestol en granietpakke gevorm. Dit staan bekend as Namakwaland Metamorfiese Kompleks of Provinsie.

Die hitte en druk van hierdie indringings het die omliggende rotse verander of gemetamorfiseer.

Die groot landmassas het begin verdeel soos ons dit vandag ken.

Materiaal uit die binneland het geërodeer en is hier afgeset of neergesit wat verdere drukking veroorsaak het.

Daarna begin prosesse van erosie en verwering.

VERWERING

Kortliks kan die proses so verstaan word.

Ongeveer 245 miljoen jaar gelede het Namakwaland en die Groot Karoo floreer en geblom, so kan baie fossiele getuig.

Ongeveer 183 miljoen jaar gelede het doloriet begin indring in die oppervlak rotslae. Die hitte en druk het die omliggende rotse verander.

Die gesmelte doloriet het afgekoel en verhard en krake of barse (joints) het gevorm.

So 100 miljoen jaar later is hierdie doloriet blootgestel op die oppervlakte

Grondwater en reënwater het in hierdie barse ingevloei en die proses van verwering het begin.

SFEROÏDALE VERWERING

(Spheroidal weathering).

Ook genoem sfeerverwering of wolsakverwering (woolsack weathering).

Dit is n tipe chemiese verwering van massiewe rotslae of blokke van veral graniet of doloriet. Water wat in krake inloop los minerale op, veroorsaak chemiese verandering en vorm dan aparte blokke rotse. (Saprolite/ Saproliet)

Die grootse verandering en verwering vind langs die krake, by die hoeke en kante van die rotsblokke plaas om aan die blokke na baie jare ñ sfeervorm te gee.

EROSIE

Hierdie Saprolite ( konsentriese of sfeervormige rotse binne erg verweerde rotsbedding) word dan na baie jare blootgestel op die oppervlakte.

Fisiese verwering begin nou om hierdie konsentriese lae van die rotse laag vir laag af te skil, soos ñ ui.

Ronde rotse of koepels van harde weerstandbiedende rots soos doloriet bekend as Corestones of Woolsack word gevorm, dikwels meer as een blok bo-op mekaar. Stapels bo-op mekaar. Soms ook tors genoem.

Die omringende rots is verweer en swak en verweer baie vinniger.

Erosie verwyder hierdie verweerde rots en laat groot ronde Corestones agter. Die Corestones is te groot en te swaar om te beweeg en hiervan is Albasterklip ñ uitstekende voorbeeld.

ALBASTERKLIP

ñ Eensame oorblywende granietrots, alles rondom reeds deur erosie afgebreek en weggevoer. Indrukwekkend.

Aan sy kante kan voortdurende proses van verwering duidelik gesien word.

Die geweldige hitte veral op die oppervlak is steeds besig om lagies af te skil.

Omhein om hom teen ongenadige klouter besoekers te beskerm.

Die Karoo koppies is pragtige voorbeelde van Woolsack Weathering.

Albasterklip is ñ stille getuie van jare en jare se veranderings op die aarde.

Mag besoekers stil staan en die wonder van God se mooi Skepping laat indring.

Bronne:

Geological Journeys Nick Norman & Gavin Whitfield.

Internet

Facebook: Garies.. Kaalvoetkinders. Dankie vir pragtige foto’s.

Samesteller Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae