Orania
Verskeie beelde is hier al opgerig.
Heelwat monumente is ook al gered en hier heropgerig.
Bekendste is die Koeksistermonument wat die Afrikanervroue se opoffering vir liefdadigheid d.m.v. die bak en verkoop van koeksisters en ander tuisprodukte simboliseer.
Die beeld van die Klein Reus en bronsbeelde van prominente figure uit die Afrikanergeskiedenis o.a. Paul Kruger, John Vorster, Hendrik Verwoerd.
In die Verwoerdmuseum is talle beelde van Dr H. Verwoerd en in die Kultuurhistoriese museum heelwat beelde en fotos en items uit volksverlede.
Die Ierse Monument se 4 pilare verteenwoordig die 4 Ierse kommandos van 125 man elk wat die boere gehelp het in die ABO. Die opstygende sirkellyn simboliseer die strewe na vryheid. Hierdie beeld het oorspronklik in Johannesburg gestaan en toe hy afgebreek is, is hy verskuif na Orania in 2002. Rondom die oorspronklike beeld was ‘n betonwal wat afgebreek is en nie verskuif is nie.










