Barage / Barrage / Vereeniging / Leslie se Keerwal / Versteende woud / Vaaldam

Leslie se keerwal

Versteende woud

Randwater Raad

Barrage

Vaaldam

Vereeniging

LESLIE SE KEERWAL 1905

VERSTEENDE WOUD

Die Vaalrivier was die lewensaar van die area, maar die vlak van die rivier was baie wisselvallig na gelang van die seisoen, vloede en droogtetye.

Dr Thomas Leslie, eerste burgemeester van Vereeniging het hom beywer daarvoor om nywerhede na Vereeniging te lok, maar het gou besef dat die rivier opgedam sou moes word om voorsiening te maak vir die droë winterseisoen en droogtetye.

1905 is ‘n studam (‘n keerwal van sowat 2 meter hoog) oor die Vaalrivier gebou om water op te gaar vir besproeiing en ontwikkeling by Maccauvlei.

Leslie het hierdie studam net bokant die wabrug gebou.

Hierdie dam het ook later in 1912 die water voorsien vir die Victoria Falls-kragstasie op die rivieroewer.

Leslie het tydens ‘n inspeksie van die bou van die nuwe studam ‘n belangrike ontdekking gedoen.

Net onderkant die stuwal/keerwal is die vloei van die rivier oor ‘n beperkte gedeelte gestop en in die rivierbedding wat nou blootgelê is ontdek hy ‘n versteende woud . Dr Leslie het dit ondersoek en daar in die omgewing van Dickensonpark het hy sowat 2000 m fossielwoud gevind, bestaande uit versteende bome, plante, stompe en wortels. Hy het dit vinnig ondersoek en het gelukkig ‘n paar fotos daarvan geneem. Leslie het die staatsgeoloog, dr Millar, opgewonde per telegraaf van sy fonds ingelig en die het dadelik na Vereeniging vertrek ten spyte daarvan dat hy siek was. Die twee het gou die terrein gaan besoek met die voorneme om die volgende oggend opgrawings te gaan begin toe die weer begin opsteek. Ongelukkig het ‘n geweldige Hoëveldse donderstorm die aand losgebars, die rivier het gestyg en die versteende woud het onder die water verdwyn om nooit weer te verskyn nie.

Sedert die bou van die Barrage is die terrein meer as 6 meter onder water.

Leslie se dam het destyds ‘n groot trekpleister geword vir besoekers vanaf die Witwatersrand.

BARRAGE

‘n Groot aanvraag na water het in die Witwatersrand, veral na die goudstormloop vanaf 1886 ontstaan.

Private Maatskappye van o.a. Barney Barnato sink talle boorgate, maar die 1895 ernstige droogte maak water onbekostigbaar duur. Water word met donkiekarre aangery en per emmer verkoop (2 sjielings en 1 sikspens vir 1 emmer water).

Randwater Raad wat in 1902/3 gestig is, vervang die private maatskappye en begin planne beraam om in die groeiende vraag na water te voorsien. .

Die groot droogte van 1910 het Randwater Raad genoop om planne te beraam om ‘n groter studam te bou.

Die beplanning is om ñ keerwal by Lindeques “valle” te bou, sowat 46 km stroomaf van Vereeniging af om die water van die Vaalrivier mee te beheer.

Die rivierwydte daar 189 m. Die rivierbanke moet uitgegrawe word om voorsiening maak vir ñ wal van 426 m lank.

Die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog 1914, groot vloede 1917 en die Spaanse Griep van 1918 het die bouwerk vertraag.

Meeste migrerende werkers vlug terug na hulle tuistes, maar daar word gereken dat sowat een derde van die werkers gesterf het tydens die Griep-epidemie.

Teen 1920/1921 was daar reeds fluks aan ‘n studam, die Barrage by Lindequesdrift gebou.

Die Barrage, oftewel ‘n keerwal, is oor die Vaalrivier gebou, ‘n afstand van 400 meter.

Hierdie studam sou die Vaalrivier vir meer as 64 km opdam en ook die studam van Leslie oorstroom.

Hierdie was ñ reusagtige taak met sowat 275 000 m3 rots en grond wat verskuif moes word.

Sowat 70 000 miljoen liter water sou opgedam word en met 36 sluise of hekke beheer word.

Hierdie sluise of hekke is opgerig tussen beton pilare wat met staal versterk is om vloede te kan weerstaan.

Elke hek 9,144vm wyd, 7,62 hoog en weeg elk 26 ton.

Die hekke word met rollers beheer om oop en toe te maak (outomaties).

Die hekke kan oopmaak tot ñ hoogte van ongeveer 2 meter bokant die November 1917 vloedlyn.

Die totale gewig van elke hek of sluis saam met balanseergewigte en beheertoestelle weeg ongeveer ñ 100 ton.

As die Barrage reservoir vol is, is die water se druk op elke sluis ongeveer 300 ton.

‘n Padbrug is ook gebou om voorsiening te maak vir die hoër watervlak van die rivier.

Die Barrage, gebou in klassieke en Art Nouveau styl, is 27 Julie 1923 geopen, die datum in Romeinse syfers is op die sykant van die die indrukwekkende wal aangebring. MCMXXIII = 1923.

Prins Arthur van Connaught was een van die eregaste teenwoordig by die amptelike opening van die Vaal Barrage. Hy was die derde Goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika.

Konstrusiewerk is meestal hanteer deur die maatskappy Glenfield and Kennedy (AVK Holdings) vanaf Kilmarnock, Skotland.

ñ Waterpompstasie is by Vereeniging opgerig met suiweringswerke om skoon drinkwater in ñ reservoir te berg vir dorpsgebruik.

ñ Pompstasie ook by Zwartkopjes opgerig en reservoirs in Witwatersrand. Pype het hierdie vebind om water aan Witwatersrand te voorsien.

Hierdie Vaalrivierskema was hoogs suksesvol , maar die snelle uitbreiding aan die Witwatersrand het steeds die vraag na water laat toeneem. Hierdie opgedamde water was gou onvoldoende om in die vraag na water by die goudmyne tydens die goudstormloop te voorsien en besoedeling, veral bakterieë word ook ń groot probleem.

Nuwe planne moes beraam word en ‘n nuwe groter dam word beplan en gebou, die Vaaldam.

Huidig word die Barrage se water meestal vir ontspanning soos bootry gebruik en is die water nie meer geskik vir drinkwater nie.

VLOEDE 2023

Die belangrikheid van die Barrage is weereens in 2023 besef toe die Barrage se sluise nie betyds en stelselmatig oopgemaak is nie. Die opgedamde water wat skielik vrygelaat is toe al die sluise gelyktydig oopgemaak is, het ñ groot vloed veroorsaak met geweldige skade en verliese. ñ Groot vloedramp het gevolg.

VAALDAM

1934 is daar begin om die Vaaldam dam te bou by die sameloop van die Wilgerivier en die Vaalrivier, stroomop van Vereeniging af, bokant die opvanggebied van die Barrage.

Voortaan sal Randwater Raad dan ook water voorsien aan Vereeniging asook aan ñ groot deel van Gauteng vanuit die Vaaldam. Die water wat uit die Vaaldam losgelaat word, handhaaf die watervlak by die Barrage en vloei ook deur die Barrage vir gebruik deur oewereienaars.

http://monument-sa.co.za/vaaldam-gauteng-vrystaat…/

Bronne: Internet. Facebook. Vereeniging Geskiedenis. Teknorama. Vaalweekblad. Vaal Explorer.

Foto’s: Gys Ströh snr. 2021, 2022. Vaalweekblad. Vaal Explorer.

Samesteller: Kobie Ströh ( Vaaldriehoek Kultuurnetwerk)

Maak 'n opvolg-bydrae