Volkslied van die ZAR / Kent gij dat volk / Catharina van Rees / T F Burgers / Het Wilhelmus / Transvaal

7 Januarie 1876.

Die volkslied van die

Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), “Kent gij dat volk….”, word vir

die eerste keer op Arnhem Nederland in die openbaar uitgevoer.

Komponis: Catharina van Rees.

CATHARINA VAN REES

Catharina Felicia van Rees is gebore 22 Augustus 1831 Zutphen Nederland en sterf 1 April 1915 naby Arnheim, Nederland.

Sy was ñ begaafde komponis en haar bekendste werk is sekerlik Die Transvaalse Volkslied wat sy in 1875 in Bonn geskryf en getoonset het op versoek van Thomas Burgers.

Sy het ook verskeie boeke en artikels geskryf.

THOMAS FRANCOIS BURGER(S).

President van die ZAR 1872 tot 1877.

Catharina Rees en ñ groep jong talentvolle studente en belangstellendes het ñ musiekgroep gevorm in Nederland.

Die jong Thomas Burgers het Teologie in Utrecht, Nederland, gestudeer en het by hierdie groep aangesluit.

Hier het hy met Catharina van Rees bevriend geraak. Hulle liefde vir musiek het hulle lewenslange vriende gemaak.

Op Thomas se versoek komponeer Catharina van Rees Die Transvaalse Volkslied.

14 Oktober 1875 oorhandig sy die lied aan hom en op 7 Januarie 1876 word dit vir die eerste maal in Nederland gespeel.

Later in 1876 word hierdie lied deur die Transvaalse Volksraad as amptelike Volkslied erken.

Hierdie Volkslied het ñ besonderse deel gevorm van die Boervolk se geskiedenis.

Oorspronklik het ZAR die Nederlandse Volkslied, Het Wilhelmus, gebruik as volkslied. (In gebruik tydens en vanaf die Groot Trek).

Die nuwe Transvaalse Volkslied het egter die Volksraad van ZAR geval en hulle het dit vanaf 1876 as amptelike Volkslied erken.

TRANSVAALSE VOLKSLIED

“Kent gij dat volk vol heldemoed

En toch zo lang geknecht ?

Het heeft geofferd goed en bloed

Voor vrijheid en voor recht.

Komt , burgers ! laat de vlaggen wapp’ren:

Ons lijden is voorbij ;

Roemt in de zege onzer

dapp’ren: Dat vrije volk zijn wij !

Dat vrije volk, Dat vrije volk ,

Dat vrije , vrije volk zijn wij !

Ken gij dat land, zo schaars bezoht

En toch zo heerlik schoon;

Waar de natuur haar wond’ren wrocht

En kwistig stel te toon ?

Transvalers ! laat ons feestlied schallen !

Daar, waar ons volk hield stand,

Waar onze vreugde schoten

knallen, Daar is ons vaderland !

Dat heerlik land, Dat heerlik land,

Dat is, dat is ons vaderland !

Maak 'n opvolg-bydrae