Kango Grotte – Oudtshoorn

Swartberge


Die ingang van die grotte is in 1780 ontdek deur ñ veewagter ene van Zijl. Van Zijl het homself met ñ tou laat afsak deur ñ klompie werkers. 10 meter diep het hy in stikdonkerte sy lampie gebruik om ñ groot saal van ongeveer 98mx49 m en 15m hoog te verken. In hierdie groot saal is later jare selfs ñ opera vertoning gehou.
Hy was nie die eerste mens in die grot nie want by die ingang is heelwat rotstekeninge van die San te sien.

Kort na Van Zijl se ontdekking het die eerste besoekers al kom kyk en was daar aanvanklik geen beheer oor besoekers nie.

1828 is die grond aan P vd Westhuizen toegeken wat nou begin om grotte te beskerm. Beheer was moeilik en besoekers het met kar en perde na die grotte gery terwyl veldwagter ongeveer 6 uur te perd van grotte af was. Dit het gou ñ gewilde gratis kampplek geword en boere se veld en weiding is lelik vertrap.
1888 is die Swartbergpas voltooi wat grotte nog meer toeganklik gemaak het aangesien Kaapstad nou net 48 uur ver was. Toegangsgeld is nou gevra maar beheer was maar moeilik.
1891 is ñ hek by die ingang aangebring en ñ gids aangestel. Dieselfde hek word huidig nog by ingang gebruik.
Sedert 1921 is die munisipaliteit van Oudtshoorn in beheer en in daardie jaar is 129 besoekers aangeteken. Sedertdien stroom duisende mense jaarliks deur die hekke om hierdie natuurwonder te aanskou.
1902 is spoorlyn na Oudtshoorn voltooi wat besoekergetalle laat styg het.
Mettertyd is kerse en fakkels vervang deur elektriese ligte.

1938 is grotte tot Nasionale Monument verklaar .

Slegs die eerste sowat 600 meter word besoekers toegelaat weens die moeilike toegang tot sekere dele en om skade te beperk. Heelwat punte van stalaktiete en stalagmiete wat duisende jare geneem het om te vorm is reeds as aandenkings afgebreek en koolsuurgas van duisende besoekers veroorsaak skade.
Selfs helder ligte en gekleurde ligte wat aangebring was om die skouspel te vergroot, is nou afgeskakel om mosvorming en skade in grotte te beperk.
1972 is Kango2 ontdek, ñ verdere 270m
1975 is Kango3 ontdek, ñ reeks grotte van 1600m. Hierdie dele is glad nie toegenklik vir die publiek nie.
Slegs die voorste gedeelte kan onder toesig van opgeleide gidse besoek word.
Bronne:
Oudtshoorn Courant
Wikipedia
Ou poskaarte.
Fotos:
Poskaarte
Desireé Fourie

Maak 'n opvolg-bydrae