Piet Retief – Pietermaritzburg

Pietermaritzburg

Dorp: Piet Retief

Moordkoppie

Umgungundlovo/ mGungundlovo

Kerkenberg

Port Elizabeth

Dingaan

Piet Retief.
Trekkerleier op verskeie plekke vereer. Dorp Piet Retief en Pietermaritzburg gedeeltelik na hom vernoem.
Pieter Mauritz Retief. 12 November 1780 Wellington – 6 Februarie 1838 uMgungundlovo.
6 Februarie 1838 is Piet Retief en 70 uitgesoekte man en ongeveer 29 bruinmense grusaam vermoor deur die verraderlike Dingaan.

Piet Retief het op die Oosgrens in Kaapkolonie met talle probleme te doen gekry oa voortdurende aanvalle deur Xhosa bevolking en geen reg tot verdediging. In 1837 het hy ñ manifes opgestel waarin hy die redes vir die Groot Trek mooi uiteengesit het. Daarna was hy een van leiers wat ñ trek in binneland ingelei het.
Hy onderhandel met Dingaan vir ñ stuk grond om hulle op te vestig in Natal. Dingaan belowe om groot stuk grond af te staan as hy die vee wat Sikoneylla gesteel het vir hom terugbring. Hulle gaan haal toe die beeste en bring dit terug na Dingaan se kraal maar weier om leier Sikoneylla uit te lewer.
Dingaan was nie van plan om grond regtig af te staan nie en hy was bang vir hierdie wit towenaars nav wat hy gehoor het van die Slag van Mosega en nederlaag van Mzilikaats. Hy wou hulle nie is sy area gehad het nie.
Dingaan het wel die traktaat onderteken(met ñ kruisie) en daarna die burgers ingenooi in sy kraal om te kom feesvier. Hulle moes hulle wapens buite kraal los. Burgers was wel onrustig maar het glad nie sulke verraad verwag nie. Piet Retief het wel sy bont nekdoek afgehaal en vir sy agterryer Roma gegee met opdrag om weg te jaag en die nekdoek vir sy vrou te neem. Toe Roma die kreet Bulalani Abathakah ( Maak dood die towenaars) hoor het hy gevlug oor klipperige terrein om sy spore weg te steek en op ñ afstand gesien hoe die sowat 29 bruinmense weggesleep word na Moordkoppie en hoe al die manne daar doodgeslaan is. Piet Retief is heel laaste doodgemaak nadat hy selfs die dood van sy 12jarige seun Pieter moes aanskou. Piet Retief is met assegaai in keel doodgesteek. Sy hart en lewer is uitgesny en op die grond gegooi om die witman se toorkrag te verbreek. Roma was enigste oorlewende.
Daar was ook 3 ander ooggetuies. Francis Owen, die Britse sendeling wat by Dingaan se kraal gewoon het, het die gebeure sorgvuldig opgeteken in sy dagboek. Dingaan het hom die oggend ingelig van sy moordplanne. Die 12 jarige William Wood wat by Owen gewoon het- het beweer dat hy Piet Retief vooraf gewaarsku het, maar goedgelowig het burgers geglo Dingaan is goeie mens en sal sy woord hou. Jane Williams Bird, ñ Walliese bediende wat by Owen gewerk het, het ook die gebeure aanskou.
21 Desember 1838 is die oorskot van die burgers gevind en begrawe. Die traktaat wat Dingaan onderteken het was nog in die bladsak wat aan Piet Retief se geraamte gehang het.

Maak 'n opvolg-bydrae