Nelspruit / Mpumalanga / Wawiel Gedenksteen / Simboliese Trek 1938

Nelspruit

Wawiel Gedenksteen

Simboliese Trek 1838-1938

1938 het verskeie ossewaens vanuit alle hoeke van Suid-Afrika vertrek, meeste spesiaal gebou vir hierdie groot geleentheid.

Almal op pad na Pretoria vir die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument.

By talle dorpe het die ossewaens aangedoen.

Orals op die roetes het die dorpies hulle ingewag.

Groot getalle mense het opgedaag en groot feesvieringe was op die dorpies gehou.

Manne het baarde laat groei, vroue het kappies en rokke gemaak om te dra.

Monumentjies is opgerig, klipstapels gepak en die ossewaens het oor nat sementblokke gery en die spore van osse en waens gelaat.

Alles ter bewaring vir die nageslag.

NELSPRUIT

Die Louis Trichardt-wa het vanaf die Oos-Transvaal vertrek.

16 November 1938 was die Louis Trichardt-gedenkwa in Nelspruit.

Voor die ou NG Kerk het hierdie wa en osse hulle spore getrap, selfs die touleier se spore is in die nat sement verewig

Duisende feesgangers was by hierdie geleentheid betrokke.

1952 is die nuwe stadsaal, Burgersentrum en Munisipale kantore gebou en ń gedenktuin is daar aangelê.

Die sementblok met die waspore, osse en touleier se spore is daarheen verskuif en ń groot betonwiel met ń sonwyser en gedenkplaatjies wat die geskiedenis van Louis Trichardt uitbeeld is daar opgerig. Ds JH Lourens was die spreker tydens hierdie besonderse geleentheid.

Ongelukkig is hierdie plaatjies afgesteel, so ook alle verduidelikings van herkoms en rede vir monument.

Die pragtige Stadsaal en Munisipale Geboue, , ontwerp in die Spaanse hacienda-styl deur die plaaslike argitek, Johan Moerdyk, is ondertussen omskep in die Orion Hotel.

Tans is die verwaardloosde monument met waspore daarnaas nog steeds daar, voor die Orion Hotel, geen sprake meer van ń gedenktuin meer nie, slegs ń deurloop en sitplek vir voetgangers Hopelik sal hierdie besonderse monument weer in die toekoms in ere herstel word.

Bronne: Fotobeeld van 300 Monumente, Standbeelde en Gedenktekens langs die pad van Suid-Afrika Dr JJ van Tonder, Facebook Marius Bakkes.

Foto’s: Marius Bakkes. Gys Ströh snr Mei 2022

Maak 'n opvolg-bydrae