Laas-wa / Ossewa / Senotaafsaal / Uys Klip / Voortrekkermonument / Pretoria

DIE LAAS -WA

Mei 2021

Die Laas-wa is een van slegs 2 waens van die Groot Trek wat behoue gebly het.

Die kakebeenwa het ‘n permanente uitspanplek gekry in die Senotaafsaal van die Voortrekkeermonument.

Die wa dateer uit ongeveer 1826 en is die tweede oudste ossewa in die land en die oudtse in die Transvaal.

Die wa is gebou deur die bekende wamaker van Graaff-Reinet, Gerrit Maritz, ook later ‘n bekende trekleier.

Oktober 1837 het Johannes Andries Marthinus Laas (1812 – 1884 ) en sy vrou Sara Johanna Odendaal ( gebore 1811) die Kaapkolonie verlaat as deel van die Karel Landman se trek. Die wa was destyds hulle vervoermiddel.

Die wa het die Drakensberge afgetrek en is tydens die Slag van Boedrivier gebruik om deel te wees van die 64 waens wat laer getrek het om die aanslag van die Zoeloes te weerstaan. Hierdie wa is ook die enigste van die Bloedivier waens wat behoue gebly het.

Die wa se tuiste was die Amersfoort Laerskool vanf 1938 vir 83 jaar. Die houtwerkonderwyser en ‘n klompie seuns het ‘n klaskamer as museum vir die wa ingerig.

Barend Uys en die Laas-Familie het in samewerking met die FAK die kosbare wa na die Voortrekkermonument gebring om hier te bewaar.

Prof. Erik Holm, Suid-Afrika se kenner en meester ossewabouer, het die wa gerestoureer. Hy bevestig dat die wa byna 200 jaar oud is. Volgens Prof Holm is die waens wat in Suid-Afrika gemaak is van beter gehalte en sterker as die waens wat in Europa gemaak is sodat hulle die ruwe terrein beter kon hanteer.

Bron: FAK

Foto’s FAK, Gys Ströh snr 2021

UYS-KLIP

Die Uys-klip is in 1838 deur JJ Uys en lede van die Uys-trek digby die oewer van die Modderrivier naby Thaba Nchu (Blesberg) opgerig as baken waar hulle ‘n nedersetting wou oprig en ook as herinnering aan die erediens wat Eerwaarde James Archbell hier gehou het.

Tydens die geleentheid is Roelof van Rooyen en weduwee Botes, en ook Gert van der Merwe en Mej vd Merwe in die huwelik bevestig.

Ook is die oudste kind van Gert du Toit hier gedoop.

Op die klip is leesbaar: 1837 Kerkspruyt JJ Uys

Die klip is in 1883 na Bloemfontein geneem en daarna na Florisbad geneem.

2011 is die klip verskuif na die Voortrekkermonument.

Die Uys-trek het in 1838 dadelik na Natal gehaas om die Voortrekkers in hul nood te gaan help. Piet Uys en sy seun Dirkie Uys het in April 1838 beide as helde by Italeni gesterf.

Maak 'n opvolg-bydrae