Voortrekkermonument Pretoria/ Skool-op-Wiele / Skool op Wiele / Koffiehuis

Voortrekkermonument

Pretoria

Skool-op-wiele

Hierdie skool -op-wiele is in 1932 gebou deur Willem Joubert op versoek van die skoolsekretaris van Ermelo, Mnr JH Coetzee..

Dit was ń poging om ń oplossing te vind vir die gedurige tekort aan klaskamers.

Die onderstel is díe van ń ou stoom-dorsmasjien.

Die skool is deur ń span osse getrek.

Agv die smal spoorwydte moes helpers langs die skool loop om dit mbv toue te balanseer.

Die skool het sitplek vir 22 leerlinge gehad. Ook plek gehad vir ‘n lessenaar en ‘n stoel vir die onderwyser.

Teen die einde van die skooljaar het al die omliggende skooltjies se standerd 6 leerlinge hul eindeksamen daarin kom skryf.

In die vroeë 1960’s is die skool na Pretoria se Onderwysmuseum verskuif waar dit jare lank in Skinnerstraat agter die Mediasentrum gestaan het.

Op 7 November 2004 is die Skool op Wiele na die Voortrekkermonument Erfenisterrein oorgeplaas, waarna dit gerestoureer is.

Fotos: Gys Ströh (snr) November 2019

September 2021

Tyd om jou skooldae te herleef.

Ons kan almal die snoepie onthou, maar die Voortrekkermonument bied nou lekkernye soos ‘n koppie boeretroos, ‘n jaffel of ‘n heerlike roosterkoek of pastei.

Maak 'n opvolg-bydrae