Voortrekkermonument / Pretoria / Klipstapel 1938

Die klipstapel oos van die Voortrekkermonument is waarskynlik enig in sy soort in Suid-Afrika.

Tydens die Hoeksteenlegging in 1938 is duisende klippe van oral in die land na die terrein gebring.

Die Sentrale Eeufeeskomitee het op elke mens wat die Hoeksteenlegging sou bywoon, ‘n beroep gedoen om ‘n klip van sy erf, dorp of plaas saam te bring om op hierdie klipstapel te plaas.

Die klippe kon selfs gepos word na die volgende adres: Uniewinkels Monumentkoppie Pretoria

Bron: Erfenisstigting Facebook

Foto: Louna Bisscoff Coetzee 2021

Maak 'n opvolg-bydrae