Wapenstistandsdag / Poppiedag / Eerste Wêreldoorlog

11 November 1918

Einde van Eerste Wêreldoorlog

Wapenstilstandsdag

Poppiedag.

WWI

Eerste Wêreldoorlog

DIE GROOT OORLOG

28 Julie 1914 tot 11 November 1918

Dit was die eerste oorlog waarby so baie lande in die wêreld betrokke was.

Hoofsaaklik veroorsaak deur konflik tussen die Geallieerde Magte ( o.a. Frankryk,.Britse Ryk, Australië, Indië, SA) en die Sentrale Moondhede (o.a. Duitse Ryk, Oos-Afrika, SWA, Oostenryk).

Meer as 70 miljoen militêre personeel uit sowat 40 lande het aan Die Groot Oorlog deelgeneem. Meer as 17 miljoen sterftes.

Hierdie oorlog het bekend geraak as ñ loopgraafoorlog, vir chemiese wapens, grootskaalse bomaanvalle en burgerlike slagtings.

SA as Unie van Suid-Afrika. deel van Britse Ryk, het onvermydelik ook betrokke geraak en orals in SA is monumente en gedenktekens opgerig om die burgers wat gesneuwel het te onthou.

Op baie van die monumente word verwys na Die Groot Oorlog.

Daar was geglo en gehoop dat daar nooit weer so ñ groot oorlog sal plaasvind nie.

Ongelukkig het die Tweede Wêreldoorlog wel uitgebreek en later is daardie gebeurtenis ook bygevoeg.

By sommige is selfs herinnering aan die grensoorlog ook aangebring.

Ongelukkig weens groot ongelukkigheid en onrus, rebellie in SA en die Groot Griep wat gevolg het, is daar nooit groot erkenning gegee aan die groot rol wat Suid-Afrikaners in die Eerste Wêreldoorlog gespeel het nie.

Die dag van rooi papawers

WAPENSTILSTANDSDAG

Op hierdie dag word die lewens van miljoene soldate wat gesneuwel het en gewond is tydens die Eerste Wêreldoorlog onthou.

Minstens 5 miljoen burgerlikes het omgekom vanweë siekte, hongersnood of blootstelling.

Miljoene perde het ook omgekom gedurende hierdie groot oorlog. Hulle aandeel word onthou met pers Poppieblommetjies.

Kort ná 05:00 op 11 November 1918 het ’n verslane Duitsland ’n wapenstilstand met die Geallieerdes op ’n treinwa buite Compiègne, Frankryk gesluit.

Om 11 uur op die 11de maand in 1918 het die kanonne opgehou vuur.

Die dag word wêreldwyd herdenk met kransleggings en parades en om 11h00 word ñ twee-minute-stilte gehandhaaf.

ROOI POPPIES

Almal dra gewoonlik rooi papaper/poppie-lapelwapentjies of rooi blommetjies en kransies met rooi poppies word gelê.

Die oorsprong van hierdie gebruik spruit uit Vlaandere, België, wat die bloedigste slagveld tydens die Eerste Wêreldoorlog was met sy noodlottige loopgrawe en rooi papawers of poppies.

Die rooi poppies het orals in die velde op die Wes-Front geblom.

Sommige soldate het selfs van hierdie blommetjies gepars en in hulle briewe huis toe gestuur.

Die simbool van die poppies as herinnering aan hierdie bloedige oorlog strek terug tot in 1915 toe ñ Kanadese soldaat wat as dokter diens gedoen het in Frankryk, John McCrae, ñ gediggie geskryf het oor die rooi poppies wat groei op die grafte van gevalle soldate.

Die rooi poppies is feitlik die enigste blommetjies wat op daardie slagvelde blom en hulle lewensduur is kort, net soos díe van die jong soldate was.

Die 4 rooi blombaartjies simbole van die 4 uithoeke van die wêreld waarvan die soldate gekom het.

Na die oorlog het die rooi poppie simbolies geraak van die Oorlog en duisende blommetjies is van lap ens. gemaak en verkoop as fondsindameling om die verminkte soldate by te staan.

2006 het die gebruik van die pers blommetjie ook bygekom om die miljoene diere, veral perde en honde, wat in haglike omstandighede die mens gedien en gehelp het, te onthou.

TWEE MINUTE STILTE

Die gedagte van 2 minute stilte is begin deur Sir James Percy Fitzpatrick, die skrywer van Jock of the Bushveld. Hy is gebore in King Williams Town SA in 1862 en oorlede in Uitenhage 1931.

Sy seun Percy Nugent George sterf 14 Desember 1917 in Frankryk op ouderdom 28. Hy is in Johannesburg gebore.

11 November 1918 het die gewere van die vegtendes stil geword.

14 Desember 1918 vra Percy Fitzpatrick vir 2 minute stilte vir sy seun wat vorige jaar dood is.

Een minuut vir gesneuweldes en

Een minuut vir oorlewendes.

14 Desember 1918 word dus die eerste keer twee minute stilte gegee in Kaapstad.

Daarna het dit gebruik geword dwarsdeur die wêreld, veral in Britse lande, om op 11 November om 11 uur vir 2 minute stilte te handhaaf.

SUID-AFRIKA EN WAPENSTILSTANDSDAG

In Suid-Afrika word hierdie dag op verskeie plekke herdenk met parades en kransleggings.

Die gebruik het ontstaan om alle gevalle soldate, alle oorloë waarby SA betrokke was te onthou.

Ook word die oorlewendes ook onthou, hulle dapperheid en lojalteit en diens aan Volk en Vaderland.

Samesteller: Kobie Ströh

Foto’s: Geleen vanaf Internet en Gys Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae