Udolpho / Padpredikant / Weerhaan

1 Januarie 2024

Udolpho Kultuurplaas

Parys

Padpredikant opgerig.

PADPREDIKANT

So op Nuwejaarsdag 2024 het 3 manne geswoeg, gesweet en gebeur om ñ pragtige Rigtingwyser oftewel Padpredikant digby die ingang van Udolpho Kultuurplaas op te rig.

TREKKER

Die Ringtingwyser staan stewig op ñ reuse trekkerwiel.

Die pilaar gevorm uit 4 differensiële sy-as hulse van verskillende trekkers (trumpet housing).

Ons verlede stewig geanker in die landbou met meestal boere as voorouers.

Die trekker het ñ onbetwisbare rol gespeel in die ontwikkeling van ons land en sy mense.

Udolpho is juis so ñ plaas, ñ Kultuurplaas, ñ Rivierplaas.

RIGTINGWYSER

Die naaste dorpe word op hierdie padpredikant aangedui om die sentrale posisie van Udolpho aan te dui.

Udolpho is ñ Kultuurtuiste, ñ baken vir kultuur.

Gepas word besoekers gewys op die vernaamste monumente in ons Geskiedenis en in watter rigting hulle lê.

Die besoeker word ingenooi om die plaas, die natuur en kultuur op Udolpho te kom ervaar, te geniet en te ontspan.

Die besoeker word gestuur om ook die ander monumente te gaan besoek.

WEERHAAN

Die weerhaan was altyd tradisioneel bo-op die kerktoring geplaas.

Die weerhaan herinner ons aan ons voorgeslagte se hegte Geloof en troue Kerkverbintenis.

Afrikaners moet altyd hulle wortels onthou en stewig geanker bly, hulle eie unieke kultuur bewaar en beskerm.

Mag hierdie Padpredikant ons altyd daaraan herinner.

Maak 'n opvolg-bydrae