Nylstroom Konsentrasiekamp Begraafplaas

Nylstroom Konsentrasiekamp Begraafplaas

ABO

NYLSTROOM KONSENTRASIEKAMP BEGRAAFPLAAS

Rye graffies as stille getuienis van ñ bittere hartseer tyd.

Nylstroom Konsentrasiekamp was een van die kampe met die hoogste sterftesyfer.

544 sterftes waarvan 429 kinders was.

544 sterftes in ñ kamp met 1852 inwoners tydens tyd met grootste getal inwoners.

Die sterftesyfer in hierdie kamp was besonders hoog, veral kindersterftes. Verskeie redes kan hiervoor aangevoor word soos oorbevolking, tekort aan kos, swak gehalte kos, nie voedsame kos nie, onhigiëniese toestande, min mediese personeel en hulpmiddels, weerstand en agterdog van vrouens teenoor Britte en joiners, nat toestande, uiterste weertoestande ens. Boonop moes hulle nog ñ uiters strawwe winter in die kamp beleef.

Die vrouens en kinders het in verswakte toestand na baie ontberings in die kamp aangekom, dikwels met siektes soos Malaria en Tifuskoors onder lede.

ñ Maselepidemie Augustus 1901 het talle kinders geëis.

September tot Desember 1901 sterf gemiddeld 49 kinders per maand.

Die graffies in rye, baie De Beer, Pretorius, Prinsloo, van Rooyen en van Staden kinders.

Die laaste maselslagoffer was die 3-jarige G M Oosthuizen.

Die bordjie met die woorde: Hier rus …544 vroue en kinders wat as slagoffers van ñ konsentrasiekamp, gedurende die oorlog van 1899-1902 . die lewe ingeskiet het…”.

Ds JA van Rooy, destydse predikant van die Gereformeerde Kerk Nylstroom is aanvanklik saam met die burgers gevegsfront toe, maar keer terug om die vrouens in die kamp geestelik te versorg en bedien.

15 Desember 1942 onthul ds JA van Rooy die Konsentrasiekamp Monument.

Die monument simboliseer ñ konsentrasiekamp-tent met name van slagoffers daarop aangebring.

ñ Brose sandsteen gedenknaald is ook daar opgerig.

Jaarliks, die Sondag naaste aan Heldedag (Pres Paul Kruger se verjaarsdag) bring Nylstroom en nasate hulde aan hierdie onskuldige slagoffers.

Kranse word gelê en ñ erediens gehou.

Vooraf spring mense in om die grafte, die terrein en omgewing netjies skoon te maak en te versorg. Die gras word vooraf netjies gesny.

Foto’s Gys Ströh snr Augustus 2023

Maak 'n opvolg-bydrae