Campbell Monument / Baviaanskloof / Groot Vloed

Campbell Monument

Baviaanskloof (Tussen Willowmore en Hankey)

Oos-Kaap

5 Mei 1916

Die groot vloed in Baviaanskloof

Hierdie area het al meer as een vloed beleef.

In 1905 het bv 2 spoorwegbrûe weggespoel. Die vloed is deur Steytlerville, maar die boere is betyds gewaarsku en die laagliggende dele kon ontruim word.

1916 VLOED

1916 was daar geen vooraf waarskuwing nie.

Die water het skielik en vinnig deur die nag begin styg en verskeie families was vasgekeer.

Die vloed was voorafgegaan deur ‘n groot droogte.

Daarna opgevolg deur welkome reën.

Dae en nagte lank het dit gereën.

Alle spruite en klowe het oorstroom.

ñ Groot hoeveelheid water het opgedam in die vallei, opgedam deur ‘n muur opdrifsels wat opgebou het in die digbegroeide turksvy bosse in die vallei vloer. Toe hierdie “muur” bars het water deur die vloedvlakte gestorm.

Meeste inwoners op die vloedvlakte was totaal onkant gevang. Hulle was vir dae lank vasgekeer en het alles wat hul besit het verloor. Een oorlewende het vertel dat hulle dae lank op dakke vasgekeer was voordat hulle dit kon waag om af te klim. Hulle het oorleef deur verbydrywende hoenders te vang wat hul dan sommer daar op die dak gaargemaak en geëet het.

Die vloed het groot onherstelbare skade veroorsaak: Landbou was totaal ontwrig, van party van die plase het net ‘n rotsagtige bedding oorgebly, landbougrond is weggevee en net die klipbodem het oorgebly, plant en dier weggespoel, draadheinings en leivore alles weg.

Die Prins Alfred Pas tussen De Vlugt en Avontuur was vir meer as ñ jaar gesluit.

7 mense het in die 1916 vloed verdrink, 4 van hulle was van die Campbell gesin.

DIE CAMPBELL GESIN

Vir die Campbell gesin van die plaas Kleinpoort was hierdie vloed ñ groot tragedie.

Die gesin en ‘n 15 jarige seun, Hans Terblanche, wat by hulle gewoon het, was onrustig oor al die reën, maar weet dat hulle huis hoër geleë is en vloedwater het nog nooit so hoog gestyg nie. Van die bure kom soek juis by hulle skuiling toe hulle laer-liggende huise bedreig word.

Later gedurende die nag besluit hierdie bure om liewers die donker aan te durf en verder te vlug teen die hoër rantjies uit.

Die Campbell gesin besluit om te bly want die water is nog baie ver van hulle woning af en die donker nag is nat en ysig koud.

Later die nag skrik hul wakker om te besef die water is skielik teen die huis en styg geweldig vinnig.

Met groot moeite klim hulle op die huis se dak waar hulle deur die nag skuil.

Redelik gerus dat die huis stewig gebou is en mure baie sterk en stewig.

Die ysige koue laat hulle digby in ñ bondel styf teen mekaar sit.

Bekommerd kyk hul hoe bome en diere verby hulle in die vloedwaters spoel.

Ongelukkig begin die huis se mure ingee teen die geweldige drukking van die massas water wat steeds vebystroom.

Hulle besef hulle is in uiterste gevaar.

Die enigste ontsnaproete is die reuse groot widedruifboom (Belhambra boom) wat digby die huis stewig staan.

In ñ desperate poging tot redding spring die gesin waaghalsig een vir een na die naby-geleë wildedruifboom om daar angstig vas te klou.

Ongelukkig na ñ tydjie word die boom ook ontwortel en meegesleur en so ook die mense wat daarin geskuil het.

Die 2 Campbell-ouers en hulle 2 dogters verdwyn in die vloedwaters.

Die jong Robert Campbell en sy vriend Hans Terblance hou krampagtig vas en word saamgesleur.

Stroom-af merk bure die 2 seuns in die voortsnellende boom op en wend heldhaftige pogings aan om hulle red en slaag daarin om hierdie 2 met toue uit te sleep, beide seuns oorleef.

Die 4 verdrinkte lede van die Campbell-gesin word later stroom-af gevind en in ñ gesamentlike graf begrawe in ‘n plaaskerkhof op die plaas Damsedrif (vroeër Onderste Klipfontein).

Die skrywer P H Nortje het die tragedie beskryf in sy boek “Die Wildedruif val”. Hierdie boek was vir baie jare ‘n voorgeskrewe boek in skole.

MONUMENT ( CAMPBELL MONUMENT)

Die wildedruifboom se wortels het weer uitgespruit en as tere herinnering is daar ‘n monument opgerig.

1999 het die Baviaanskloof-Landbou Vereniging ‘n naald opgerig op die plaas Kleinpoort -Wes (Oos van Studtis) ter herinnering aan die diegene wat tydens die vloed gesterf het.

Bron: Internet. Gamtoos Toerisme.

Foto’s: Internet. Facebook Cyril Klopper Junie 2023.

Uit die boek Die Wildedruif val.

Samesteller: Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae