Tafelberg

Kabelkar

Seinheuwel

Duiwelspiek

Leeukop

Kenmerkend van Suid-Afrika.
Tafelberg met sy kenmerkende plat plato wat ñ mesa of ñ tafelkop genoem word. Die hoogste punt is by Maclear se baken. Die boonste deel word gereeld deur wolke bedek, bekend as die tafeldoek of kleed en die legende lui dat Van Hunks en die duiwel weer lekker rook.
Daar is heelwat staproetes op, maar Tafelberg moet nie sommer sonder respek bestyg word nie. Baie klimmers het al hulle lewens hier verloor. Die weer is onvoorspelbaar en kleed kan in ñ oogwink oor berg stoot. By Carrel se lys is ook ñ ononderbroke val wat baie gevaarlik is.
Oos is die 3hoekige Duiwelspiek (1000m) en wes is die ronde Leeukop (669m) en Seinheuwel.
Seinheuwel of Vlaeberg is ñ platterige heuwel (350m) langs Leeukop. Gedurende die Nederlandse koloniale tydperk is seinvlae gebruik om skepe teen slegte weer te waarsku. Vanaf 19de eeu is seinskote geskiet as ñ naderende skip gewaar is. Sedertdien het gebruik ontstaan om elke dag stiptelik om 12 uur ñ kanonskoot af te vuur.
Leeukop. Die Nederlanders het die 17de eeu die kop Leeuwen Kop genoem en Seinheuwel was bekend as Leeuwen staart (leeu se stert). Die Engelse het na die kop verwys as Sugar Loaf.
Duiwelspiek se eerste amptelike naam was Windberg, die eerste inwoners was onder die indruk dat die berg verantwoordelik is vir die stormagtige suidoostewind wat soveel skade aan skepe in Tafelbaai aanrig. Daar is geglo dat die berg die suidwestewind gedraai het om ñ stormsterkte suidoosterwindte vorm. Die 19de eeu het die Engelse dit Devil’s Peak genoem en daarna is dit Duiwelsberg genoem. Die legende lui dat Van Hunks en die duiwel ñ rook kompetisie gehou het, die duiwel het verloor.

Die eerste persoon wat die berg bestyg het was die Portugese Admiraal Antonio de Saldanha (1503) en hy het die berg Taboa do Cabo genoem, letterlik die Tafel van die Kaap. Die Nederlanders het die naam Tafelberg gebruik.

Tafelberg is beskermd verklaar en is ñ nasionale park sedert 1998.

Aan die westekant is ñ kabelkar (sweefspoor) wat besoekers na kruin neem. Eerste kabelkar is 4 Oktober 1929 in gebruik geneem, 4 Oktober 1997 is ñ nuwe kabelkar in gebruik geneem wat meer as 25 mense kan op neem en wat in die rondte draai sodat uitsig reg rondom is. Die kabelkar is net in werkingt5 tydens mooiweer want sterk wind maak dit gevaarlik en kleed wat oor berg trek belemmer die uitsig, so besoekers moet maar mooi beplan en let op waarskuwings sirenes.
Bo-op die berg is ñ restaurant, winkeltjes en wandelpaaie.
Dankie Dewald Laubscher en Salomi Laubscher vir fotos.

Maak 'n opvolg-bydrae