Merriespruitramp – Virginia

Merriespruitramp
Virginia

Op 22 Februarie 1994 het ñ wal van die slikdam van die Harmony Goudmyn by Virginia meegegee.
Vroegaand was daar ñ hewige reënbui (45 mm in minder as ñ uur) en ongeveer 9 uur die aand het ñ V-vormige kraak in die wal ontstaan en miljoene tonne water en modder het uitgestroom.
ñ Wal dik slyk van ongeveer 2 tot 3 meter hoog het die voorstad Merriespruit oorspoel en ñ beboude gebied van omtrent 2 vierkante km oorspoel. Volgens oorlewendes het dit geklink soos ñ reuse brander wat nader kom.
Die moddergolf het ongeveer 15 minute aangehou maar die gevolge was karastrofies. 17 mense dood, 350 behandel vir beserings, 1500 het hulle huise en besittings verloor, 31 huise verwoes, 150 huise was sleg beskadig waarvan 72 moes gesloop moes word omdat die fondasies geskuif het.
Reddingwerkers was gou op die toneel maar die dik modder en stikdonkerte van die nag het die taak moeilik gemaak. Omringende dorpe het almal hulp gestuur.
Rampgebied is verklaar en opruimoperasies is dadelik begin. Alhoewel dik modder en vreeslike stof groot probleem was, is meestev van die modder binne ñ maand verwyder.
In die plaaslike begraafplaas waar meeste slagoffers begrawe is, is in 1998 ñ gedenkmuur opgerig ter herinnering.

Virginia
Die dorp Virginia se naam het ñ baie interessante oorsprong. Twee Amerikaanse ingenieurs wat die hoofspoorlyn opgemeet het (wat oor die plaas Merriespruit geloop het), het op ñ rots die naam “Virginia” uitgekerf. Moontlik uit verlange na hulle tuisstad Virginia in Amerika. Daar is toe later besluit om die halte daar Virginia te noem nav die naam op die rots. Na die ontdekking van goud in vroeë 1950’s het die dorp Virginia ongelooflik gegroei. ñ Voorstad van die dorp is Merriespruit genoem.

Maak 'n opvolg-bydrae