Mosselbaai St Peters Ang Church Oorloggedenkteken Wildevy

Mosselbaai

Bartholomeus Diaz is die “eerste”seevaarder wat om suidpunt van Afrika vaar.

Bartholomeus Diaz seil 3 Februarie 1488 die natuurlike hawe hier binne op die feesdag van Saõ Bras.(feesdag van Saint Blaize). Hy noem die plek Cape St. Blaize. Hier vind hy ń varswaterfontein en noem dit Aguada de Saõ Bras(die waterfontein van St Blaize).

1601 noem die Hollandse seevaarder, Paulus Caerden, die plek Mosselbaai nav die baie mossels hier teenwoordig.

1848 word die baai weer vernoem na Aliwal South na die Britse oorwinning by Aliwal in Indië.

Die naam het nie inslag gevind nie en die naam Mosselbaai is herstel.

St Peters Church

Anglikaanse Kerk gebou in 1878/9.

Toring en galery is in 1906 bygevoeg.

Vermoedelik is toring hoogste klipgebou in SA.

Oorlogsgedenkteken

Binne ń laer van sandsteen is die Monument wat opgerig ter ere van Oorlogslagoffers van Eerste en Tweede Wêreldoorlog en ook slagoffer in Koreaanse oorlog.

Die Moths het die idee geopper om ń monument in Mosselbaai op te rig ter gedagtenis aan Eerste Wêreldoorlog en die fondse daarvoor kom uit Mosselbaai gemeenskap se sakke. Die monument is op Frogs Rock opgerig(so genoem nav van voorkoms van rots, padda) en onthul 28 Sept 1924. Die name van soldate uit Mosselbaai omgewing is aangebring en op ń mosaïek kaaart van Afrika is lyne wat wys waar gebore en waar sterfteplek is.

1954 is die name op marmerplaat bygevoeg van WWII se slagoffers.

Christopher Warren Lotter, ń Amerikaanse soldaat met SA voorouers wat in Irak gesneuwel het, se naam ook bygevoeg.

Wildevy

Voor die Bay Side Sentrum pryk hierdie groot ou wildevy. Die uitheemse Australiese Wildevy is in die vroeë 1900’s in sentraal Mosselbaai aangeplant. Die sentrum is spesiaal ontwerp en gebou om die Wildevy te akkomodeer.

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019

Maak 'n opvolg-bydrae