Old English Fort Kogmanskloof Montagu

Old English Fort

Kogmanskloof

Montagu

Wes-Kaap

Ou Engelse Fort

Op die top van die tonnel in Kogmanskloof, 4 km buite Montagu rigting Ashton.

Fort is opgerig tydens ABO en het ń afdeling van Golden Highlanders gehuisves, oorlewendes van die Slag van Magersfontein.

Die fort se buitemate is 9,3 m c 3 m met ń enkele ingang en 21 skietgate so 700-800 mm bo vloer. Die klipmure is 400mm dik en binne ongeveer 2 m hoog.

Daar is tekens en oorblyfsels wat toon dat daar ń dak bo-oor was en ook ń watertenk binne.

Daar was ongeveer 4 sulke forte en een ronde fort in omgewing gebou.

Die fort toon nogal ooreenkoms met sommige blokhuise.

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019. Internet.

Ongelukkig kon ons tydens ons besoek nie stilhou om binne fotos te neem nie weens padwerke.

Maak 'n opvolg-bydrae