Vanderbijlpark Stad van Staal Gauteng

Wording standbeeld Vanderbijlpark.
Naam: Wording. Simboliseer groei en strewe na volmaaktheid.
Beeld: Brons man wat uit grond opstyg, wat opkyk en met uitgestrekte hand na die lug reik. Reik na die Hemel. Regterbeen vry. Linkerbeen nog deel van grond waaruit hy voortgekom het.
Gegiet na beeldjie van 14 duim wat mnr Hennie Potgieter van Pretoria in 1944 gemaak het om wording van nuwe afrikanervolk te versinnebeeld. Beeldjie het op Dr van der Bijl se lessenaar gestaan omdat dit gepas het by sy ideale vir Vanderbijlpark.
Mnr Potgieter kry opdrag om bronsbeeld te maak dubbel lewensgrootte 14 voet op voetstuk van 6 voet.
Onthul 2 Aug 1951 by Westcliffe winkelsentrum CW2, tydelike winkelsentrum. In voetstuk word toegemessel bottel brandewyn en 1951 pennie.
30 jaar later word beeld verskuif en 29 April 1983 tweede maal onthul in tuin voor geboue kompleks van Stadsraad. Met verskuiwing van beeld is ‘n paar interessante voorwerpe onder die voetstuk gevind (dokumente, koerantjie) en is daar weer nuwes bygevoeg indien dit later weer verskuif word.

  1. Vanderbijlpark Groot Trek Bloedrivier Gelofte 

Plaat met gelofte teen muur van kompleks waar geloftefeesterrein vroeêr was. Wenningstraat

Uittreksel uit: Vanderbijlpark: 21 Years of Progress 21 Jare van Vooruitgang p.48

 “In 1952 is ‘n geloftefeeskomitee gestig in Vanderbijlpark onder voorsitterskap van mnr CA Herbst. Die doelstelling van hierdie vereniging was om jaarliks op 16 Desember die geloftefees op waardige wyse te vier en te organiseer. Dit is deur hulle toedoen dat Vanderbijpark vandag beskik oor ‘n doeltreffende feeshuis waar volksfeeste gereeld gehou word.”

Vandag is feeshuis gesloop, grond is verkoop en meenthuiskompleks is op die  terrein gebou.

Slegs ‘n erg verbleikte bord is op hoek van Meenthuiskompleks in Wenningstraat oor.

  1. Vanderbijlpark Polisie Weermag

Polisie gedenkteken. SA Veiligheidsmagte gedenkteken.  Vanderbijlpark Begraafplaas.

Suid Afrikaanse Veiligheidsmagte Monument. Ons eer alle uniformdraers wat alles opgeoffer het vir ons land

Vanderbijlpark Wawielbrug Brug

Wawielbrug
Landmerk tussen Vanderbijlpark en Sebokeng.
Gebou ongeveer 1948-1953.

Vanderbijlpark het sy onstaan te danke aan die groei van die yster- en staalbedryf in SA gedurende die laaste groot oorlog WWII.
Op aanbeveling van Dr Hendrik van der Bijl, destyds voorsitter van Yskor Pretoria, is 37 vk myl grond wes van Vereeniging gekoop vir die oprigting van staalfabriek. Daar is dringend ñ plaatmeul opgerig wat voltooi is in 1943 en produksie kon begin.
ñ Vraag na verblyf het spoedig ontstaan en ñ dorpsbeplanning departement is gestig met die doel om ñ goed beplande geordende dorp te begin. ñ Onafhanklike nie-winsgewende maatskappy is gestig, algemeen bekend as VESCO om hierdie projek aan te pak. VESCO se kantore was aanvanklik in die ESCOM gebou in Johannesburg gevestig.
Huise is gebou, dreinering, riolering, damme, watersuiwering, aanplant van bome en nog vele meer is beplan en aangepak.
1945 het VESCO in alle erns begin om paaie te bou en die probleem van ñ plat area en stormwater aan te pak en om elektrisiteit te verskaf aan alle dorpsgebiede. Teen Junie 1947 het VESCO 16 myl teerstrate, 8 myl stormwater afvoerkanale, 40 myl waterpype, 18 myl rioolpype en 12 myl elektriese kabels gebou of aangelê. Teen 1948 was ongeveer 1520 huise reeds gebou in Vanderbijlpark. VESCO het ook van 1948 hom veral toegespits op die bou van spoorlyne, veral na nywerhede toe.
Dit is in hierdie tyd dat die bekende wawielbrug oor die spoorlyn gebou is. (Ongeveer 1948-1953). Die groot struikelblok vir VESCO was dat hulle kantore aanvanklik in Johannesburg gesetel was. Almal moes via Vereeniging na Johannesburg gaan(huidig bekend as die DeDeur Walkerville pad) en toe is daar ñ korter en vinniger pad aangelê wat by die Golden Highway ingeskakel het en toe is die Wawielbrug gebou oor die spoorlyn wat tussen Vereeniging en Vanderbijl se nywerhede geloop het.
Huidig verbind die Wawielbrug Vanderbijlpark en Sebokeng. Daar is alreeds ñ brug langsaan gebou om dubbele baan verkeer toe te laat. Die Wawielbrug is nogal erg verwaardloos en toon duidelike tekens van verval.
Bron;
Vanderbijlpark 21 Jare van Vooruitgang.
Onderhoud met ouer inwoners. Hennie Steyn en JB Haarhoff.

Vanderbijlpark Voortrekkers Jeugbeweging

Gedenkplaat te Hoërskool Vanderbijlpark ( in skoolsaal).

Stigting van ‘n nuwe Voortrekker Kommando te Hoërskool Vanderbijlpark, Oktober 1953. Die Mevrou Pres Steyn Kommando.

Onthul deur Vader Visser , vader van die jeugbeweging.

Vanderbijlpark Geskiedenis
Interessante stukkie geskiedenis
Die ironie van wat vandag gevind word

Vanderbijlpark se stigtingsdatum 1947, hoofsaaklik die breinkind van Dr Hendrik van der Bijl.
Uittreksels uit Vanderbijlpark 21 Jare van Vooruitgang. Uitgegee 1964.
” Vanderbijlpark wat beplan is as ñ nywerheids-tuinstad met ñ uiteindelike bevolking van 200 000 mense, is gebou om werkers wat by Yskor se reuse staalfabriek en in die filiaal- en aanverwante nywerhede in die gebied in diens is, te huisves. p.6
Dr Van der Bijl was bewus van die onbeheerde groei van ander dorpe in Suid-Afrika en die talle vraagstukke wat later ontstaan het ten gevolge van gebrek aan beplanning in die begin en dit was aan sy visie en vooruitsig te danke dat Vanderbijlpark beplan is as ñ nywerheidstuinstad. p12
Nywerheids- en woongebiede is arbitêr afgebaken met voldoende voorsiening vir toekomstige uitbreiding. Op hierdie manier is die insypeling van woongebiede in nywerheidsgebiede en die onvermydelike groei van agterbuurte vermy. p6
Elke woonbuurt is ñ selfversorgende voorstad met sy eie winkelbuurte, skole en parke, woonstelle en kerke, almal van moderne ontwerp en konstruksie. Winkelbuurte het parkeerterreine en laaistreke weg van die strate af sodat voertuie vrye toegang het…p8
Die gebruik van eiename aan voorstede gee is nie in Vanderbijlpark gevolg nie. Hulle is genommer en word voorsetsels gegee wat hulle posisie beskryf met betrekking tot die middestad soos SW1, CW1, NE5 ens. Die strate is venoem na wetenskaplikes, ingenieurs, musici, kunstenaars, skrywers,staatsmanne ens. p8
Hierdie woonbuurteenhede is omsoom deur breë boulevards, wat vinnige en swaar deurverkeer dra met dubbele rylane, elk 28 voet breed. Hierdie rylane word in die middel geslei deur eilande 16 voet breed.
Ondergrondse kabels word vir elektiese benutting gebruik sodat afsigtelike bogrondse krag- en telefoondrade onnodig is.
Gedagtig daaraan dat Vdbp ñ tuinstad sou word , het Yskor so vroeg as Aug 1942 ñ klein boomkwekery onder toesig van mnr E Brandmuller aangelê.
Die eerste straatbome is in April 1944 aangeplant …en voortgegaan tot 400 000 bome teen 1947 aangeplant is in die dorp en parkgebiede.
Voorsiening is gemaak dat elke woonbuurt minstens een groot parkgebied en daarbenewens talle klein parkies en oop ruimtes binne maklike bereik van elke woning sou hê waar kinders veilig in die oop lug kon speel.
In Jan 1943 is grond aan die oewer van die rivier , 1400 akker groot, afgekamp met ñ heining 8 myl lank en beplant met ongeveer 100 verskillende soorte bladwisselende en immergroen bome in natuurlike informele groepe terwyl wilgebome langs die kant van die water geplant is.
Die patroon van Vdbp se ontwikkeling…Nuwe inwoners het na hulle pasgeboude huise gery op teerstrate en uit hulle motors geklim op klaargemaakte sypaadjies waar jong bome geplant is. Hulle het hulle weg langs paaie gevind waarop wegwysers reeds aangebring is.
Vandag, 21 jaar nadat dit gestig is, het Vdbp nog nie alle spore verloor dat dit ñ lelike eendjie was nie. Daar kleef ñ rouheid aan hierdie stad van moderne geboue..Die duisende bome en struike wat geplant is het nog nie genoeg uitgegroei om die hardheid te versag nie maar weldra sal die swaan tevoorskyn kom.
Vdbp is uniek in die gesk van stedelike ontwikkeling veral omdat die dorp beplan was voordat die eerste sooi nog omgespit was. “

Die staaldorp is die verwesenlike droom van dr H van der Bijl- wat in die jaar waarin hy gestef het, van hierdie droom gesêhet : In …1948
“Ek het in my verbeelding ñ dorp gesien met mense wat woon in omgewings en onder toestande wat bevorderlik sal wees vir ñ gesonde, gelukkige en produktiewe lewe. Om hierdie rede was ek vasbeslote om voorsiening te maak vir parke, speelterreine, gesondheidsklinieke, hospitale en skole. Soos ñ blom of ñ boom moet ñ dorp in elke stadium van sy groei simmetries en volledig wees en die uitwerking van groei moet nooit wees om daardie eenheid te vernietig nie….”p25
Foto van Vdbp sestiger jare deur Hoffie Williams.

Laat 'n boodskap