Irene (Centurion) Vliegongeluk Dairy Farm

Irene (Centurion)
Vliegongeluk
Dairy Farm

18 September 1922

Eerste aangetekende noodlottige militêre vlieg ongeluk.(SAAF). Nie tydens ń militêre operasie nie.

Hierdie monumentjie is op die Dairy Farm se gronde. Opgerig waar Kaptein Laurence van der Byl en Luitenant E Stewart se Avro BE-Plane in ń stuk oop veld neergestort het. Die oop stuk veld nog steeds agter sigbaar. Twee reuse eikebome is weerskante aangeplant en waak oor die gedenksteen.

Die opskrif op die gedenkplaat is leuse van SAAF: Per aspera ad Astra: Deur die wolke na die sterre. Through hardship to the stars.

Let op die Arend onder aan die gedenkplaat. Simbool van SAAF.

Die SAAF het ontstaan gedurende 1921. Die eerste amptelike militêre aksie was gedurende Maart 1922 toe militêre vliegtuie gebruik is om die 1922 Mynwerkersopstand te onderdruk.
Zwartkop is gebruik om die eerste Suid-Agrikaanse militêre lugmagbasis te huisves (Aoril 1922).
Oorlogsveterane van die RAF is in diens geneem in die SAAF oa. die ervare Kaptein Laurence van der Byl. (Jan 1922)
Albert Laurence Montagu van der Byl (Bijl) is 2 Maart 1893 in Newlands Kaapkolonie gebore. Aangestel as vlieënier Kaptein in SAAF.

18 September 1922 het Kaptein Laurence van der Byl (RAF/ SAAF) en Luitenant A E Stewart (South African Mounted Rifles) opgestyg in hulle Avro 504K (H9699) vanaf Zwartkop basis. Tydens hulle lugtoertjies ( aerobatics) naby Irene het die stuurboord vlerk gebreek en hulle het neergestort in die oop veld waar die gedenksteen vandag netjies bewaar word op bekende en historiese melkplaas. Albei insittendes is oorlede en Laurence vd Byl is begrawe in Irene.

Bronne: SA Military History. They mounted uo as Eagles.
Miltary aircraft accidents. History of the SAAF. (South African Military Air Force).
Samesteller : Kobie Ströh
Fotos: Gysbertus Johannes Ströh 2019.

Maak 'n opvolg-bydrae