Laaste oorspronklike mylpaal in Pretoria

Laaste oorspronklike mylpaal in Pretoria

Onopvallend in noordelike Kerkstraat, digby die T-aansluiting van Hillstraat (Kerkstraat 950), staan hierdie ou mylpaal wat meer as 100 jaar se ontwikkeling weerstaan het.

Die kosbare ou mylpaal is van leiklip, sowat 1 meter hoog en dui die afstand as 2,5 myl aan na Pretoria toe.

MYLPALE

Mylpale is al in die Romeinse tyd gebruik om roetes aan te dui om mense gerus te stel dat hulle nog op die regte pad is.

Mylpale was oorspronklik klip-obeliske, gemaak uit marmer, graniet of plaaslike klip.Later is selfs van beton gebruik gemaak.

Tans word meestal van bordjies gebruik gemaak.Mylpale ook genoem mylmeters of mylposte (afgekort as LP) is gebruik om roetes en ook afstande na dorpe en stede aan te dui.

Meestal is mylpale ook genommer en is dus verwysingspunte langs die pad.

Afstande word gewoonlik gemeet vanaf ń spesifieke punt binne ń dorp of ń stad.

PRETORIA

Na die Britse besetting van Pretoria in Junie 1900, het die Britte heelwat 2, 5 myl mylpale opgerig langs al die roetes na Pretoria.

Dit het ruiters, soldate, waens en besoekers gerus gestel.

Hulle is nog op regte roete en 2,5 myl van Pretoria af.

Die afstand is gemeet vanaf ou Kerkplein, die geskiedkundige middelpunt van Pretoria.

Drie van hierdie mylpale het behoue gebly.

Januarie 1973 is een opgegrawe toe kabels langs Kerkstraat-wes gelê is. Tans word die mylpaal bewaar in die Tshwane Erfenisnavorsingsentrum.

Die tweede is gekry langs die ou pad Pretoria toe en is tans in privaatbesit.

Die derde een is nog in sy oorspronklike posisie in Hatfield langs Kerkstraat. Die klip toon duidelike kraakplekke wat dopgehou moet word. Ks

Inligting: Bronberger. Internet. Tshwane Heritage.

Fotos: Gys Ströh snr Oktober 2021

Maak 'n opvolg-bydrae