Sooilaer / Distrik Estcourt /KwaZulu-Natal Die Groot Trek 1838

Sooilaer

Distrik Estcourt

KwaZulu-Natal

Die Groot Trek 1838

Piet Retief en Bloukransmoorde

1838 was ń besonderse moeilike jaar vir die Voortrekkers.

Piet Retief, een van die Trekleiers, en sy sowat 100 manskappe is op verraderlike wyse deur Dingaan vermoor.

Die nag van 16/17 Februarie 1838 val Zoeloes die Trekkers aan by Bloukrans en Moordspruit en laat ń spoor van verwoesting en wreedheid agter.

Hendrik Potgieter se strafekspedisie teen die Zoeloes, April 1838 , misluk toe hulle in ń hinderlaag gelei word by Italeni. Trekleier Piet Uys sneuwel ook hier.

Gerrit Maritz

Die Voortrekkers was baie mismoedig en meeste wou Natal dadelik verlaat.

Maritz tree nou as sterk leier na vore. Hy bemoedig die Trekkers en sien om na die baie weduwees en wese.

Hy gaan na Port Natal om voorrade en lewensmiddele vir die Trekkers te gaan kry.

Na sy terugkoms skuif hy die laers na veiliger plekke en moedig hulle aan om te begin saai en plant.

Maritz was vooraf ontevrede oor Piet Retief self na Dingaan wou gaan vir ń tweede keer en ook oor die groot hoeveelheid manne wat hy saamgeneem het. Dit het hulle verdediging verswak. Hy het Dingaan nie vertrou nie. Daarom was hy nie heeltemal onvoorbereid toe die Zoeloes hulle aangeval het nie.

Sooilaer

Maritz vorm ń laer links van die Klein Tugelarivier. Uit vrees vir nog aanvalle laat hy die waens op die oewer in ń perdehoefvorm laer trek om verdediging makliker te maak.

Hy laat bou ń grondskans l, ń duk muur van sooie om en tussen die waens. Vandaar die naam Sooilaer.

Vanaf Sooilaer gaan help die Trekkers toe die laer by Veglaer aangeval word en hulle weer die aanval af.

Hans Dons de Lange en Koos Potgieter gaan vorm ook ń laer by Sooilaer. Aan regterkant van Klein Tugela, oorkant Gerrit Maritz.

Later is daar na Sooilaer verwys as Dubbelelaer.

Groot spanning en onrus het geheers in Sooilaer want die vrees vir ń aanval was voordurend daar.

Spioene is ook dikwels in omgewing van Sooilaer opgemerk.

Armoede, gebrek en siekte het lewe nie makliker gemaak nie.

Trekkers het hier gesaai en geplant en ń paar maande hier vertoef.

Sooilaer was dus eintlik die Trekkers se eerste saaiplaas in Natal.

Besproeingsvore is gegrawe waarvan oorblyfsels nog steeds te sien is.

Daar is ook nog tekens van ou mure, ń pad en ń drif.

Gerrit Maritz sterf ook in Sooilaer 23 September 1838 van koors en word net buite die laer begrawe.

Hy word later in 1895 herbegrawe by Bloukrans.

Die Trekkers was leierloos, maar het nogtans voorberei vir ń groot Slag. Sterk veghekke is gemaak om tussen waens te plaas en sowat 57 waens is gereed gemaak om te trek.

Versterkings daag op by Sooilaer o.a. Landman en Pretorius en hulle manne.

Andries Pretorius word 22 November verkies as Hoofkommandant.

Dit bring ń wending aan hulle situasie toe die Wenkommando en Bloedrivier suksesvol was om die Zoeloes af te weer en Dingaan se mag te breek.

Sooilaer het daarna begin opbreek soos Trekkers weggetrek het agter goeie weiding en grond aan.

Monument

ń Gedenksteen is in 1956 by Sooilaer opgerig met bronsplate ter verduideliking.

Tans sien ń plaaslike stamhoof om na hierdie gedenksteen.

Bron: Internet. Wikipedia. Facebook.

Fotos: Gys Ströh snr. Augustus 2021

Toer: Kan gereël word deur Johan Outram ATKV Drakensville.

Maak 'n opvolg-bydrae