Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 9 / Die Groot Trek / 1836 -1838 / Lang Hans van Rensburg / Louis Treghardt

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 9

Die Groot Trek 1836 -1838

Lang Hans van Rensburg en Louis Treghardt:

” Boetie Paul, wat gaan vandag aan? Die grootmense praat en praat. Party huil. Party stry. Wat het gebeur?”

“Ai Sussie Fientje. ń Vreeslike ding het gebeur. Onthou jy Oom Lang Hans Van Rensburg?”

“Ja Paul, ek onthou dit is mos daardie baie lang oom wat vooruit getrek het? Hy en Oom Louis Treghardt het mos eerste getrek.”

“Jy onthou goed Fientjie. Nou Oom Lang Hans en al die mense wat saam met hom getrek het, is doodgemaak en hulle waens verbrand. Dit is hoekom die mense so hartseer is. En Oom Louis Treghardt en sy vrou en meeste van die mense wat saam met hulle getrek het, het baie siek geword. Amper almal van hulle trek is ook dood. Hulle het malaria gekry.”

“Ag nee Paul. Dit is vreeslik. Ons trek is mos gevaarlik. Gaan ons nou omdraai en terug Kaap toe gaan?”

” Nee Sussie .Ons gaan verder trek. Dit is waaroor die grootmense stry. Oom Hendrik Potgieter, ons trekleier, wil net hier in die Transvaal bly. Die ander ooms wil saam met Oom Piet Retief trek. Oom Piet Retief wil Natal toe trek.”

“Paul, ek het gehoor Pappa sê die Natal is baie baie mooi. Ons kan maklik daar gaan boer. Mamma sê sy is bang want die Zoeloes bly daar.”

“Ja Fientjie, dit is waar. Die Zoeloes bly daar, maar Oom Piet Retief sê hy gaan eers met die Zoeloekoning Dingaan praat. Hy gaan by Dingaan grond koop vir ons plase. Ek dink ook ons moet trek tot by die Drakensberge. “

Fiktiewe stories vir my kleinkinders: Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf internet.

Maak 'n opvolg-bydrae