Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 10 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Vegkop 1

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 10

Die Groot Trek 1836 -1838

Vegkop 1:

“Paul hoekom trek ons die waens so in ń sirkel? Hoekom is almal so haastig en so besig, Almal is so ernstig. Niemand wil eers met my gesels nie.”

“Fientjie. Ons noem dit ń laer as ons die waens so styf teenmekaar trek. Help my om hierdie takke tussen die waens en onder die waens in te sleep. Niemand moet onder deur ń wa kan kruip nie. Niemand moet tussen 2 waens kan deurkom nie.”

“Boetie, hoekom trek ons dan ń laer? Ons is dan op pad Natal toe.”

“Fientjie, Natal is nog ver. Sussie nou moet jy sterk en groot wees! Die manne het gesien daar is ń groep swartes op pad om ons aan te val. Duisende Matabeles is op pad om ons te kom doodmaak .Net soos hulle met Oom Lang Hans se trek gemaak het. Ons sal moet veg! Almal moet vandag help!”

“Boetie, wat moet ek doen?”

“Fientjie, jy sal moet help gewere laai sodat ek en Pappa en Mamma kan bly skiet. Jy weet mos hoe om te laai?”

“Ja, Pappa het ons mos geleer. Ek is reg. Ek kan vinnig laai.”

Fiktiewe stories vir my kleinkinders: Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies : Geleen vanaf internet.

Maak 'n opvolg-bydrae