Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 8 / Die Groot Trek /1836 -1838 / Harde werk.

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 8

Die Groot Trek

1836 -1838

Harde werk:

” Boetie Paul, ek is moeg. Ons werk so hard elke dag. Daar is amper niks tyd om te speel nie. Wanneer gaan ons klaar getrek wees?”

“Fientjie, wat praat jy nou? Wat werk julle vroumense? Julle kook en bak. Julle maak klere. Ons manne werk baie harder. Ons moet julle vrouens oppas. Ons moet gaan bokke jag vir vleis. Ons moet die vee oppas. Leeus skiet .Die wa se wiele regmaak. Velle brei en sagmaak vir skoene en riempies.”

“Paul, ek is bly Pappa gaan nuwe skoene maak want my skoene is al klaar stukkend geloop. Mamma wil nie hê ons moet heeltyd net op die wa ry nie. Ons moet stap sodat ons gesond en sterk kan bly. En ons help ook om die osse te lei as julle mansmense gaan jag of vooruit ry om die beste pad te soek. Ek gaan vir mamma vertel jy sê ons vroumense werk nie hard nie.S y sal jou bietjie laat kook en bak. Kerse maak en seep kook. Dalk kan jy bietjie die wasgoed gaan was as ons weer by ń rivier kom.”

“Ekskuus Sussie. Moet nie vir Mamma vertel nie. Ek gaan streepsuiker kry en my boude gaan brand. Ek weet julle vrouens werk hard. Ek was sommer lelik met jou. Ek is ook moeg, maar ons gaan nog baie lank trek.”

“Toemaar Paul.J ulle manne se werk is baie. Ons werk almal hard. Maar een van die dae is ons in Natal.

Dan kan ons rus.”

Fiktiewe stories vir my kleinkinders: Kobie Ströh

Fot’s en illustrasies: Geleen vanaf internet.

Maak 'n opvolg-bydrae