Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 16 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Donderstorm op die trekpad

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 16

Die Groot Trek

Donderstorm op die trekpad:

“Paul, kyk hoe lyk ons wa! Die wakap is flenters. Vol gate. Alles is papnat.”

“Fientjie, dit was ń vreeslike donderstorm. Ek het nog nooit so iets beleef nie. Eers die sterk wind. Die blitse, die donderslae. Die hael. Dit wou nie ophou nie.”

“Boetie, ek was verskriklik bang. Ek het my kop onder die verekombers ingedruk en net gebid.”

“Kom Fientjie, ons moet gaan help. Almal se wa-tente is stukkend geskeur. Alles in die wa is papnat. Gelukkig loer die sonnetjie al vir ons. Ons moet alles oophang in die son om droog te word. Maar nou moet ons eers gaan kyk of die oumense en klein kindertjies nie seergekry het nie .Ons sal almal se tente moet regmaak. Tot die tente se pale het geknak.”

“Paul, kyk die hope hael! Ons moet koffie maak vir almal. Warm koffie sal help vir die koue en nat lywe. O nee! Al ons hout is papnat. Jy sal moet help om ń vuur aan die gang te kry .Ek weet nie hoe om met nat hout ń vuur te maak nie.”

“Fientjie, probeer maar. Ek ry gou met my perd na die vee toe .Ek hoop nie die hael het ons skape en beeste doodgeslaan nie. Ek gaan gou kyk. “

Fiktiewe stories vir my kleinkinders: Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf internet.

Maak 'n opvolg-bydrae