Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 15 / Die Groot Trek 1836-1838 / Paul skiet ń leeu

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 15

Die Groot Trek

Paul skiet ń leeu:

“Paul, boetie wat het gebeur? Het jy seergekry? Jy is vol bloed? Is dit ń dooie leeu daar agter op die wa?”

“Stadig Sussie Fientjie. Ek het nie seergekry nie. Ja dit is ń dooie leeu. Die bloed op my is net die leeu se bloed. Die leeu het amper bo-op Oom Hendrik gespring. Gelukkig kon ek die leeu vinnig doodskiet.”

“Paul, jy het sowaar jou eerste leeu geskiet en Oom Hendrik se lewe gered.”

“Ja, Sussie. Ek het groot geskrik. Gelukkig het ek mooi raak geskiet. Die Here het my gehelp.”

“Ek is so trots op my dapper boetie. ń Leeu is gevaarlik. Jy is ń held”

“Sussie, Pappa sê ek is nou ń man. Ek het dapper geveg by Vegkop. Ek het my eerste leeu geskiet. Nou kan ek begin langbroek dra.

As ons in Natal kom, kan ek vra vir my eie plaas.”

Fiktiewe stories vir my kleinkinders: Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae