Heidelberg TVL / Stasie

Heidelberg

Gauteng

Ou Stasiegebou

Heidelberg

Die dorp Heidelberg het ontstaan as ń handelstasie tussen Pretoria en Durban in 1861/1862 toe Heinrich Julius Uerkermann ń negosiewinkel daar begin het.

Die dorp het ontwikkel om die handelstasie en Uerkerman het die dorpie vernoem na sy tuisdorp in Duitsland…Heidelberg.

Heidelberg Gauteng is geleë aan die voet van die Suikerbosrand en was aanvanklik ook bekend as Suikerbosrand. Díe naam is al so vroeg as 1836 deur die eerste trekkers o.a. Andries Pretorius aan hierdie area gegee.

Ou Heidelberg Stasie

Die stasie is gebou 1894 om die spoorlyn tussen Durban en Pretoria te bedien.

Hoeksteen is gelê 24 September 1894 en 10 Oktober 1895 is die stasie amptelik geopen deur Paul Kruger.

Hierdie pragtige sandsteen gebou met sy “bacon” effek is ń besonderse gebou. Een kant is ń trapgewel en aan die ander kant ń klokgewel.

Die stasie was ń bedrywige stasie en belangrike name het na bewering al hier vertoef waarvan Winston Churchill en Mohatma Ghandi seker díe bekendste is. Winston Churchill, joernalis van die Britse koerant “Morning Post”, is glo tydens die ABO hier in ń kelder oornag aangehou. Hy was een van die Britte wat deur deur die Boere gevange geneem is na die ontsporing van ń Britse trein. Hy is die volgende dag na Pretoria geneem waar hy daarin geslaag het om te ontsnap.

Ghandi was ook hier op die Heidelberg stasie gearresteer omdat hy nie in besit was van ń geldige permit nie en ook oornag aangehou in die stasiemeester se huis.

Díe stasiegebou was in gebruik tot 1961 toe die spoorlyn buite om die dorp verlê is en Dr HF Verwoerd die nuwe stasiegebou amptelik geopen het.

Daarna val die gebou in onbruik tot 1969 toe Dr Anton Rupert dit omskep het in ń vervoermuseum.

1975 verklaar minister BJ Vorster dit as historiese gebou.

Die Heidelberg Vervoermuseum sluit in 2006.

Huidig word die stasiegebou pragtig in stand gehou met ń museum en heerlike eetplekke. Selfs ń bierbrouery. ń Baie gewilde toeriste besoekpunt.

Bronne: Internet. Heidelberg Heritage Tour

Fotos: Ströh 2019, November 2020

Maak 'n opvolg-bydrae