Colesberg/ Die Kruithuis

Colesberg

Noord-Kaap

Die Kruithuis

Pos deur Lizeth Black-Taljaardt: Die Kruithuis, Colesberg. Ligging: Wes van die huidige Lowryville uitbreiding. Dit is vermoedelik in 1842 opgerig, toe skermutselings tussen die plaaslike Regering en die Griekwas van Philippolis voorgekom het. Wapenhandel het ook in hierdie tyd voor- gekom. ‘n Paar jaar gelede het Sataniste die plek verniel, gevolglik het die munisipaliteit ‘n hoop grond voor die deur gestoot. Die foto’s is geneem toe ‘n groep vrywilliges die bome en bosse wat die geboutjie toegegroei het, verwyder het. Die eertydse kuratrise, Belinda Gordon, het gepoog om die kruithuis as ‘n Nasionale gedenkwaardigheid te laat verklaar, maar fondse was onvoldoende

Maak 'n opvolg-bydrae