Heidelberg Tvl. / Klipkerk / AG Visser huis/ Volkskool

Heidelberg

Gauteng

Klipkerk

Heidelberg se indrukwekkende Klipkerk is ń sandsteen gebou wat in 1890 gebou is. Die Hoeksteen is gelê 12.4.1890. Die toring het geval in 1907, maar is noukeurig oorgebou, so na as moontlik aan die oorspronklike.

Hierdie gemeente het ń jarelange stryd en twis onder die 2 Afrikaanse kerke gehad. Die 2 kerke het saamgesmelt onder die gekombineerde naam Nederduitse Hervormde Kerk of Hervormde Kerk, later verander na Verenigde Kerk. Ds van Wateren was die leraar van die Verenigde Kerk terwyl sy vrou en kinders in die Nederduits Gereformeerde kerk was, sy was orrelis daar. Selfs die bou van die kerk het soveel tweespalt veroorsaak dat ń interdik verkry is om bouwerk aan die kerk te stop. Die tweespalt het tot in die hof gaan draai. 1975 is die kerk verander na NG Kerk van die Transvaal.

1891 het selfs Paul Kruger vrugteloos probeer om die 2 kerke te versoen. Hy verklaar daarna;” kan men niet eensgesind in een huis wonen, laat men dan in vrede naast elkaar wonen.”

Skool. Laer Volkskool

Na die ABO was die boere verarm, hulle plase afgebrand, vee vernietig en talle weeskinders het onderrig broodnodig gehad. Die verengelsing in die publieke skole het die Boere gegrief en moedertaal onderrig was vir julle ononderhandelbaar. In 1903 vergader die ouers en stig ń gratis Christelik Nasionale Skool met Afrikaans as onderrigmedium. Die eerste Afrikaanse skool begin im die kelder van die Klipkerk en word gou bekend as die “Grot van Abdulan”.

Die leerlingtal groei vinnig en klasse word aangebied in die kelder, in die kerk en in die kerksaal. Hierdie skool word later die Laer Volkskool Heidelberg.(1906, hoeksteen gelê).

By Laer Volkskool is ń saal ter herinnering aan slagoffers van ABO in die konsentrasiekampe “Gedenk Zaal”.

AG Visser Huis

Die huis waarin AG Visser gewoon het (1916-1929). AG Visser, bekende Afrikaanse digter en mediese dokter in Heidelberg. Hy was aanvanklik ñ onderwyser maar het later medies gaan studeer nadat hy in moeilikheid gekom het oor sy politieke bevraagtekening. Hy het tyd lank as dokter gepraktiseer in Steytlerville in die Karoo voor hy verhuis het na Heidelberg. Die huis is netjies gerestoreer.

Bron.Internet. Heidelberg Heritage

Fotos: Ströh Sept 2019 / Oktober 2020

Maak 'n opvolg-bydrae