Geskiedenis van Suid-Afrika / Boek 2 / ‘n Nuwe volk ontstaan / No 5 / Afrikaners

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika

VESTIGING AAN DIE KAAP

BOEK1

Vestiging aan die Kaap (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/) tot deel 26

Geskiedenis van Suid-Afrika

Boek 2

NUWE VOLK ONTSTAAN

BOEK 2

ń Nuwe volk ontstaan no 5

AFRIKANERS

“Mamma, ek het nou mooi gedink.

Die mense in die Kaap het nou ń nuwe taal begin praat, Afrikaans.

Is dit omdat die taal in Suid-Afrika begin het?”

“Jy is doodreg Motmuis.

Suid-Afrika is in Afrika.

Afrika…Afrikaans.”

“Mamma, is dit dan hoekom hulle vandag Afrikaners genoem word?’

“Motmuis, jy is weer reg.

Afrikaners praat Afrikaans.

Afrikaners is in Suid-Afrika, Afrika gebore.

Daar in die Kaap het nie net ń nuwe taal begin nie, maar ook ń nuwe volk.

Hollanders, Duitsers, Franse, Engelse, Jode, Slawe uit die Oosterse lande en eilande en selfs Hottentotte het saamgeleef.

Hulle het met mekaar getrou.

Hulle het kinders gekry wat in Suid-Afrika, Afrika gebore is.

Die kinders praat Afrikaans.

ń Hele nuwe volk het ontstaan.

Die Afrikaners.”

“Mamma, is die Afrikaners dan nou anders as Hollanders en Duitsers en Franse en Engelse? “

“Kom ons kyk na al die prentjies.

Wat dink jy?”

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis.

Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae