Geloftefees Terrein. Suikerbosrand. Heidelberg

Heidelberg

Gauteng

Geloftefees Terrein. Omring deur die Suikerbosrand Natuurreservaat

Grafsteen: Daniel Jacobus Strydom 1862 -1929

Daniel Jacobus Strydom was ń boer in hierdie distrik. (Inligting oor hom nog bietjie skraps)

Vir Daniel was die Gelofte en die viering daarvan baie belangrik.

Om seker te maak dat die Gelofte jaarliks hernu word, het hy hierdie grond geskenk aan die Geloftefees Komitee. Die herdenking kan dan elke jaar daar geskied.

Die Geloftefees Komitee behou Kaart en Transport van hierdie terrein maar sodra die Gelofte nie meer gevier word nie verloor hulle die grond en gaan dit terug na die familie. So het hy seker gemaak vieringe vind elke jaar plaas.

Daniel is hier herbegrawe en ń grafsteen is vir hom opgerig.

Die terrein en geboue is baie netjies versorg en die omgewing met sy rantjies is besonders mooi. Fotos Gys Ströh Maart 2018.

Maak 'n opvolg-bydrae