Susanna Maritz Smit. Kaalvoetvrou wat wegstap vanaf Natal. Op die Voortrekkerpas naby Bergville Harrismith

Kaalvoetvrou wat wegstap vanaf Natal.

Op die Voortrekkerpas naby Bergville.

Natal

Wanneer jy voor die monument staan besef jy dat die vrou klein van postuur is. Haar skouers is smal, byna asof sy koud kry in haar gegote gewaad. Sy is geklee in haar Voortrekkerkappie en lang rok. Onder haar rok steek haar fyn kaalvoete uit.

Haar regtervoet trap op ‘n klip. ‘n Mens verwag amper ‘n gebalde vuis of ‘n intimiderende gesig wat luidkeels uitroep, maar alles behalwe. Haar arms hang langs haar sye, verseker nie die lyftaal van ‘n veglustige aktivis nie. Sy het ‘n tipe kyk wat met jare se ondervinding kom. Liefdevol, wys, sag, geduldig en omdat die geskiedenis dit laat deurskemer, maar met ‘n goeie skoot vasberadenheid op.

Beeldhouer was Anton van Wouw

Die kaalvoet vrou is ‘n interessante hartseer storie van Susanna Catherina Smit. Susanna was die suster van Gert Maritz en die vrou van eerwaarde Erasmus Smit wat as die Voortrekkers se predikant opgetree het.

Die groep vroue was deel van Piet Retief se trek wat besluit het om die groen land van Natal as weivelde te kies. Volgens oorlewering het van die Voortrekker-vroue met ‘n Britse kommissaris in ‘n woordewisseling betrokke geraak. Hulle het met hom gestry omdat hulle nie onder Britse gesag wou staan nie en gesê dat vryheid vir hulle meer werd was as hulle lewens. Dit is toe dat Susanna Smit die bekende woorde uiter, “Liewer kaalvoet terug oor die Drakensberge as om onder Britse beheer te staan.” Susanna is egter in die destydse Natal dood, wat beteken dat sy nooit kaalvoet terug oor die Drakensberge geloop het nie. (De Oude Huize)

John Roderick se pos op Monumente Blad volg:

28 Augustus 1798, die geboortedag van Susanna Catharina Maritz, op hierdie dag in die Graaf-Reinet distrik.

Sy was ‘n suster van die Voortrekker leier Gert Maritz, en die eggenote van Erasmus Smit, leraar tydens die Groot Trek. Susanna was ‘n werklik formidabele vrou wat haar haar man wat nie altyd te gesond was tydens die Trek en daarna getrou bygestaan het.

Tydens die Trek het sy dogters naaldwerk (“dinge”) geleer, en ook kinders leers spel, skryf somme maak.

Susanna het net soos Erasmus ook dagboek gehou tydens die Trek. Anders as haar man het sy egter meer persoonlike gevoelens daarin opgeneem en dek dit die periode van 1842 tot 1858. (1) Dit is vandag te sien in die Natalse Argief in Pietermaritzburg.

Susanna word die beste onthou vir haar “werk” gedurende Augustus 1843 toe Henry Cloete, as kommissaris van Natal die streek in besit geneem het.

Dit was sy wat voor gevat het en tesame met 400 ander vroue ‘n onderhoud met Cloete aangevra het. Tydens die onderhoud het sy in die teenwoordigheid van die ander vroue Cloete vertel van hoe swaar hul gelewe op die grens, en hoekom hul getrek het. Die opofferings tydens die Trek, maar meer nog die verliese aan bloed in Natal is breedvoerig aan Cloete uiteengesit. Daarom, (en daarna) het sy gesê dat dit onmoontlik vir die vroue om onder Briste gesag in Natal te lewe, en dat hul eerder Kaalvoet (barevoets) trug oor die Drakensberge sou stap as om onder Britse gesag te staan.

Dit was die idee Voortrekker beweging van die Vrystaat om vir hierdie besondere vrou ‘n monument langs die Retiefspas feitlik op die eskarp van die Drakensberg op te rig.

Die beeld is die van ‘n kaalvoet vrou besig om vanuit Natal terug na die Vrystaat te stap.

Daar is ‘n inskripsie by haar voete wat onder andere lees, “Liewers kaalvoet trug oor die berge.”

Die beeld was geskep deur Alfonso Smuts. Dit was onthul op die 12de Oktober 1977 deur mnr. Fanie Maree.

(In dieselfde omgewing is kan ook die presiese plek gesien word waar die Retief geselskap teen die berg afgetrek het. Spore getrap deur die kakebeenwaens in die klipbanke aldaar kan vandag nog duidelik gesien word.

Hierdie omgewing is ook bekend as Blyde Vooruitsig omrede die Voortrekkers ‘n blye vooruitsig op ‘n nuwe toekoms gehaad het.

Nie ver van dieselfde terein is ook Kerkenberg, waar Debora Retief haar pa se naam op sy verjaarsdag geverf het. Hy was op daardie stadium weg op sy 2de besoek om oor grond te onderhandel.

Hierdie plekke is van groot historiese waarde en gewis die moeite werd om te besoek.)

(1) A. de Villiers. Barrevoets oor Drakensberge.

Perskor-uitgewery. 1975. Bl 31

 *****

John Roderick

1863. Susanna Catherina Maritz, die eggenote van Erasmus Smit. Twee seuns was uit die huwelik gebore, t.w. Salomon en Hermanus Samuel George.

Susanna het haar plek aan Erasmus se sy tydens die Groot Trek volgestaan. Sy het aan die kinders letter-onderwys gegee, en ook Voortrekker dogters leer brei en naaldwerk doen. Daarmee saam het sy ook as die vrou van ‘n huishouding haar plek volgestaan.

Iets omtrent die daadkrag van die vrou spuit duidelik uit die volgende.

Dit was sy gewees wat tydens ‘n vergadering met die Britse hoë kommissaris van Natal aan hom gesê het dat hulle, die Voortrekker vroue eerder kaalvoet terug oor die Drakensberge sal stap as om onder die “Britse hak” te staan.(1) Susanna en haar man het wel nie kaalvoet oor die Drakensberg terugestap nie, maar Natal het wel feitlik leeg getrek van Voortrekkers.

Sy en haar man het ‘n hoewel armoedig, dog eerbiedwaardige lewe in Pietermaritzburg gelei. Sy het haar man getrou versorg, en is ‘n week voor hom oorlede.

Sy was ‘n suster van die Voortrekker leier Gert Maritz gewees.

Ongeveer 60km van Harrismith, en direk wes van die Sterkfonteindam staan ‘n afbeelding van Sussana Smit, dalk beter bekend as die Kaalvoet Vrou Monument.

Dit was gemaak deur Alfonse Smit, en onthul deur mnr. Fanie Maree, die eienaar van die plaas op die 12de Oktober 1977.

Die vrou, (Sussana) se rug is gedraai op Natal, sy is kaalvoet en besig om terug oor die berg na die Vrystaat te stap.

Hierdie besondere historiese terrein is ‘n absolute moet vir ‘n ieder en elk om te besoek.

Daar kan ook gesien word, Retiefspas. Dit is hier waar die geselskap van Piet Retief op Dinsdag die 14de November 1837 teen die Drakensberge afgetrek het.

Erasmus Smit beskryf dit as dat ” In de morgen om 8 ure spanden we de ossen voor de 23 wagens, om de zeer hoge Drakensberg af te rijden. (2). Daardie eerste dag het hul slegs 18 waens daar kon afkry, en het slegs die wa van W. Prinsloo omgeslaan. Die spore, en presiese plek van soos teen die berg afgetrek het staan vandag steeds as getuienis.

In dieselfde omgewing, nie ver van die monument nie is ook die Blyde-Vooruitsig uitkyk punt. Staan mens daar dan is jy op die eskarp van die Drakensberg en kyk jy af op Natal. Daarom ook die naam, Blyde-Vooruitsig omrede hul ‘n blye voorruitsig gehaad het op ‘n nuwe land en ‘n nuwe lewe. Daar is ook te sien ‘n tablo met inligting rondom die terrein.

1.)Afrikanerbakens. Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. 1989. Bl 256-258.

2.)G.Preller. Joernaal van ‘n trek. Uit die dagboek van Erasmus Smit. Tafelberg. Die 1988. Bl 97.

RETIEFPAS

Piet Retief se laer het hier digby Kerkenberg uitgespan . Vir ñ paar weke het hulle hier vertoef terwyl Piet Retief weg was om met Dingaan te onderhandel om grond in Natal.

Ondertussen het ñ groep mans begin om ñ pad te “bou” of te pak waarlanges die waens nog berg-af.

Aan die oostekant van die Drakensberge het hulle oor die nek ñ pas gebou teen die steil terasse af, later bekend as die Retiefspas.

Toe die goeie nuus hul bereik dat Piet Retief se onderhandelinge suksesvol was, het die waens een vir een die steiltes aangedurf met groot sukses en afgesien van ñ wa wat omgeslaan het, geen groot skade nie.

Piet Uys se trek het ook teen die Retiefpas afgetrek.

Hoe lank die pas nog in gebruik was, is onseker. Dit is wel bekend dat van die Trekkers weer hierdie roete gevolg het toe hul teruggetrek oor die Drakensberge.

Van die ander trekgeselskappe het ander passe ontdek wat nie so steil was nie.

In 1977 is die Retiefpas as Nasionale Monument verklaar.

SIMBOLIESE OSSEWATREK

Monumentjie, klipstapel gepak 8 November 1938.

Tydens die Simboliese Ossewatrek 1938 om die 100 jaar sedert die Groot Trek (1838 – 1938) te vier, het verskeie waens vanuit alle windrigtings vertrek om uiteindelik by die Voortrekkermonument se hoeksteenlegging in Pretoria te eindig. Op die roete is by talle klein dorpies en geskiedkundige plekke aangedoen, klipstapels is gepak, waspore in sement verewig en monumentjies gebou.

Hier vlak by Kerkenberg op die Retiefpas by Blije Vooruitzicht het 2 waens aangedoen, die Piet Retief Wa en Vrouemoed.

Op die verdofte plaat staan die inskripsie wat eindig met ñ aanhaling uit Eugene Marais se gedig ; Die Smid:

Blije Vooruitzicht

Opgerig ter herinnering aan

die besoek van die

ATKV (SAS en H)

se waens

Piet Retief en Vrouemoed

op 8 November 1938.

Al met die sonpad mee

tot waar hy opkom uit die see

– die Trekker met sy wa –

Retiefklip

Wawielmonument

Kaalvoetvrou

Retiefpas

Oktober/November 1837 het die Trekkers hier kamp/laer opgeslaan.

Eerwaarde Erasmus Smit noem hierdie berg Kerkenberg omdat dit die Trekkers sterk herinner aan ñ plek van aanbidding.

Die Trekkers is opgewonde en gelukkig. Die pragtige Natal lê oop voor hulle, die einde van ñ baie lang tog in vooruitsig. Wat ñ Blye Vooruitsig!

Verkenners is druk besig om ñ roete te vind om van die platorand af te trek en paaie word gepak om waens veilig berg-af te sleep.

Kerkenberg is voorwaar ñ plek van hoop.

Piet Retief het reeds met Dingaan positief onderhandel vir toegang en grond vir vestiging.

RETIEFKLIP

12 November 1837 het die 22 jarige Debora Retief haar pa se naam met waverf op die rotswand geverf . Dit was om haar pa se 57ste verjaarsdag te vier terwyl hulle opgewonde gewag het op sy terugkeer vanaf Dingaan.

Min wetende wat se tragedies binnekort op hulle wag en die groot wonderwerk wat by Bloedrivier sou plaasvind die volgende jaar.

10 Oktober 1899 het die Betlehem Kommando hulle name ook daar aangebring, met die uitbreek van die ABO (1899-1902).

WAWIEL MONUMENT

Wawiel Monument

By Kerkenberg is ñ groeiende monument in die vorm van ñ wawiel. Elke jaar 16 Desember pak besoekers ñ nuwe lagie klip bo-op wat dan vasgemessel word. In die middel ñ bronsplaat met Die Gelofte.

By ñ brandende fakkel word Die Gelofte jaarliks plegtig herhaal.

RETIEFPAS EN KAALVOETVROU 2022

Retiefpas en Kaalvoetvrou

Klipgooi of 2 van Kerkenberg af tuur die Kaalvoetvrou oor die groen heuwels. Haar voete stewig gevestig op die oorblyfsels van die Retiefpas waar die manne geswoeg het om ñ pad voor te berei, ñ pad vir die ossewaens Natal in.

GELOFTEFEES 16 DESEMBER 2022

Geloftefees 2022

Atmosfeer van hoop en afwagting en erns van Die Gelofte is duidelik voelbaar.

Mens voel nederig en dankbaar langs die tronende Kerkenberg.

Reeds vir meer as 80 jaar kamp gesinne hier neffens Kerkenberg. Mense kom van heinde en verre om Eer aan God te betoon en om Die Gelofte te bevestig.

Geslagte lank al.

ñ Besoekersboek word al van 1950 af hier aangevul en bewaar.

2022 pak klein en groot die saaltjie vol om met dankbaarheid en eerbied na die treffende boodskap te luister. Die laaste Bybelboek Maleagi maak weereens almal se oë oop vir die Bybelse Opdrag om Eer aan God te betoon. 16 Desember se Gelofte is bindend.

Die Voortrekkers vorm ñ erewag rondom die monumentjie terwyl Die Gelofte voorgelees word. Elke persoon teenwoordig pak ñ klip op die monument ter bevestiging van Die Gelofte.

Kerkenberg se Geloftevieringe maak ñ blywende indruk op elke een teenwoordig.

Klipgooi of 2 van Kerkenberg af tuur die Kaalvoetvrou oor die groen heuwels. Haar voete stewig gevestig op die oorblyfsels van die Retiefpas waar die manne geswoeg het om ñ pad voor te berei, ñ pad vir die ossewaens Natal in.

https://www.facebook.com/groups/372725536482372/permalink/1608098789611701/?mibextid=ztldM3

16 Desember 1838

ń Dankdag

Elke jaar ń Dankdag

Die Gelofte

Die Gelofte is elke dag herhaal van die 10de Desember tot die 15de Desember 1838

16 Desember 1838 : Die Slag van Boedrivier

Die Gelofte:

1. Hierdie dag sal ons vier as ń Dankdag

2. Ons sal ń huis bou tot ere van Sy Naam

3. Ons sal ons kinders en nageslag vertel

4. Ons sal aan Hom die eer en roem gee vir die oorwinning

5. Ons sal Sy volk wees.

Dankie Kerkenberg vir die groot voorreg om daar te kon wees 16 Desember.

Dankie vir die gasvryheid.

Dankie vir al die voorbereidings, die aanbieding en die moeite om die pad bietjie meer begaanbaar te maak.

Dankie vir die groot getal mense wat die nat modderpaaie en papnat terrein aangedurf het om hierdie besonderse geleentheid by te woon.

Aan God die Eer.

Foto’s: Gys Ströh snr Desember 2022

Jan-Danie Malan Desember 2022

Maak 'n opvolg-bydrae