Die Skip Neptune mag nie anker aan die Kaap nie. September 1849

September 1849

Die Skip Neptune mag nie anker aan die Kaap nie.

NEPTUNE

Vroeg in 1849 vertrek die skip Neptune uit Engeland.

Aan boord is sowat 300 veroordeelde gevangenis en 55 bemanning.

Die meeste gevangenes aan boord is Ierse politieke gevangenes. Ander is weer gevonnis oor misdade wat gepleeg is wat glo gedryf was deur die groot hongersnood in Ierland.

KAAP AS STRAFKOLONIE

Die idee is om hierdie gevangenes Kaap toe te neem om daar te werk aan bouprojekte soos o.a. die bou van die breekwater. Die Kaap sal dan dien as ń strafkolonie. Die gevangenes sal soos vry mense wees, maar mag nie terugkeer voor hulle vonnistyd verstryk het nie.

Brittanje het tot dusver sulke gevangenes na Tasmanië en Australië toe gestuur, maar besware vanaf Australië het dit al hoe moeiliker gemaak.

Derhalwe is besluit om die Kaap ook as strafkolonie te gebruik.

KAAP SE REAKSIE

3 September 1849 kry die Neptune Tafelbaai in sig.

Aan boord is 282 gevangenes ( 18 dood ter see) wat aan wal gesit moet word.

Die inwoners aan die Kaap weier dat Neptune die hawe binnevaar en weier om enige besigheid met die skip te doen of om voorrade te voorsien. Groot teenkanting van Kaapse inwoners lei tot optogte en ń petisie teen Brittanje se besluit om die Kaap as strafkolonie te gebruik, word onderteken deur ongeveer 5000 mense.

Sir Harry Smith het geen keuse nie. Hy moet die skip weier want ń openbare opstand dreig.

19 September word die skip ook toegang tot Simonstad geweier.

Die Neptune kry opdrag om verder te vaar na Tasmanië. Ks

Bron en fotos: Internet. SA History. Kaapse Geskiedenis.

Maak 'n opvolg-bydrae