Slag van Buffelspoort 3 Desember 1900 Buffelspoort/Mooinooi/Elandskraal

Slag van Buffelspoort

3 Desember 1900

Buffelspoort/Mooinooi/Elandskraal

ABO

Die oorlog tussen Boer en Brit het nou al langer as ń jaar voortgeduur. Die Boere se voorrade en ammunisie het min geraak en hulle klere verslete. Die Boere het die Britte aangeval in pogings om hulle voorrade aan te vul.

Slag van Buffelspoort 3 Desember 1900

Desember 1900 het ń swaar gelaaide Britse konvooi na Rustenburg teruggekeer nadat hulle voorraad gaan haal het by hulle voorraad-depot in Rietfontein naby Silkaatsnek. Die konvooi het bestaan uit 138 waens en 1832 osse.

Generaal De la Rey besluit om díe Britse konvooi aan te val op 3 Desember wanneer hulle Buffelspoort bereik.

Sy plan is dat Genl. Smuts en sy Rustenburg kommando die voorhoede aanval, Genl. Boshof die agterste deel van voorste konvooi en hyself en 150 burgers van Krugersdorp sou agterhoede aanval.

Ongelukkig kom al die groepe laat by hulle posisies aan agv die moeilike roete oor die Magaliesberge . Die voorste konvooi het reeds die hoë grond weerskante van die nek beset, op die lae koppie is 21 infanteriste met 2 kanonne en nog 100 infanteriste in die donga wat die roete gekruis het.

Kolonel Wolrige-Gordon wat in bevel van die Britse konvooi was, was ńvaanval te wagte. Hy verdeel die konvooi in 3, beweeg in die nag oor Buffelspoort, plaas sy manne in 3 groepe met 138 waens tussen-in.

Genl De la Rey besef hy moet noodgedwonge sy planne verander en besluit om aan te val.

Na ‘n verwoede geveg verslaan hy die infanteriste in die donga en keer die Britse troepe op die heuwels vas. Hy staak die aanval en gee opdrag om soveel moontlik voorraad te verwyder. Hulle laai dit op 15 waens en voer dit weg saam met die osse. Die res van die waens verbrand hulle. Hulle buit was waardevol; klere, stewels en lekkernye bedoel vir Kersfees.

Britse verlies: 18 sneuwel, 46 gewond en 54 krygsgevangenes.

MONUMENT VIR DIE SLAG VAN BUFFELSPOORT

Opgerig 2 Desember 2000.

Ontwerper, Ds Ben Prinsloo Elandskraal. Simboliek ontleen aan die geveg tussen Dawid en Goliat waar Dawid die reus in geloof neervel met sy slingervel en hom onthoof met sy eie swaard.

Oorblyfsels op die slagveld van Buffelspoort is gebruik om die monument op te rig, wa-as, waband en briek.

Hardekoolstomp dateer uit die tyd van Pres Paul Kruger en is gebruik vir die bou van die spoorlyn tussen Pretoria en Lourenco Marques. Díe stomp is afkomstig van die plaas Nooitgedacht. Die boom is gedeeltelik afgekap, maar díe stomp het onbenut gebly, waarskynlik te dik vir dwarsleêrs van spoorlyne. ń Gedeelte van die stomp is ook in die museum by Majuba.

Hardekoolstomp is tiperend van die Boerevolk, soveel tekens uiterlik van swaarkry en stryd, maar binne ongeskonde.

Die skuinsgemonteerde wa-as stel die lyding en stryd voor van die mans, vroue en kinders tydens die Vryheidsoorlog.

Die laagste/’kortste punt van die volledige wa-as simboliseer ons voorgeslag wat diep terneurgedruk was.

Die ander punt wat skuins op loop simboliseer loutering en geestelike verheffing wat voortgespruit het.

Die vertikaal gemonteerde as is die geloofsvingers, tiperend van Boere se geloof en afhanklikheid aan God.Bron: Internet en Monument inskripsies

Fotos: Gys Ströh snr April 2021

Maak 'n opvolg-bydrae