Mooinooi Gereformeerde Kerk Elandskraal Noordwes

MOOINOOI AREA

Daar kan nie met sekerheid gesê word wie was die eerste blankes wat hulle in hierdie omgewing van die Magaliesberge gevestig het nie.

Dit was heel waarskynlik deel van die Potgietertrek.

Aan weerskante van die Magaliesberge het die Krugers, Potgieters, Pieterses en Van Staden reeds so vroeg as 1841 hulle hier op plase gevestig.

Die milde klimaat, goeie landbougrond, volop water, volop wild, goeie weiding en toeganklikheid was gunstig vir vestiging en gou het paaie gebied deurkruis.

1937 is die Buffelspoortdam in die Sterkstroomrivier gebou wat besproeing moontlik gemaak het.

MOOINOOI

Geleë tussen Brits en Rustenburg.(Buffelspoort, Elandskraal)

Díe dorpie Mooinooi het begin met ń poskantoor en ń paar skole in die omgewing.

Hoofsaaklik boerderygemeenskap.

Na bewering het die winkeleienaar (poskantoor) Mnr Heizelman en ń paar van sy klante gesels oor ń naam vir die poskantoor toe ń onderwyseres van die skooltjie Elandskraal, mej. Botha, daar ingestap het. Haar skoonheid was so treffend dat hulle daar en dan op die naam Mooinooi vir die poskantoor besluit het.

Sowat 50 jaar later is dieselfde naam aan die dorpie gegee.

Mooinooi is ń pragtige myndorpie, veral platinum word hier ontgin.

GEREFORMEERDE KERK ELANDSKRAAL

Die behoefte vir ń kerk het gou in hierdie area ontstaan en 16 Oktober 1948 is Gereformeerde Kerk Elandskraal afgestig vanaf Gereformeerde Kerk Rustenburg, die oudste gemeente van die Gereformeerde Kerk.

Aanvanklik is kerkdienste gehou in die skoolsaal op Mooinooi.

Mooinooi, Marikana, Buffelspoort, Barnardsvlei en Groenkloof val binne die Gereformeerde Kerk Elandskraal se grense.

ń Eie kerkgebou is gou opgerig en 2 September 1950 is die hoeksteen gelê. Die argitek was JM van der Westhuizen, bouaannemer Nel en Moller.ń Lidmaat, Roelie van Wyk, het 4 morg grond geskenk waarop die kerk gebou is.

1972 is die kerkgebou opgeknap, nuwe preekstoel gebou, nuwe banke en ń orrel verkry.

Slag van Buffelspoorthttps://www.facebook.com/groups/372725536482372/permalink/1189646288123622/Ks

Bronne:Internet Fotos: Internet en Gys Ströh snr April 2021

Maak 'n opvolg-bydrae