Nasionale Vrouemonument ABO Bloemfontein

NASIONALE VROUEMONUMENT

AGTERGROND

Hierdie 63 meter hoë gedenknaald van sandsteen is opgerig ter herinnering aan die tragiese dood van duisende vroue en kinders tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902.

Hierdie monument getuig van die skreiende onreg van die Britte teen die Boere toe die Britte hulle Verskroeide Aarde Beleid om boere se plase af te brand, vee en oeste te vernietig en om vroue, kinders en bejaardes in konsentrasiekampe te plaas toegepas het om sodoende Boere tot oorgawe te dwing.

Meer as 50 kampe is aangelê wat ondoeltreffend ingerig en georganiseerd was.

Vroue en kinders is te voet aangejaag kampe toe, per ossewa vervoer en sommige is in oop steenkoolwaens of beestrokke per trein na kampe vervoer. Vrouens is saamgebondel vir dae lank sonder enige geriewe of kos en water.

Toestande in die kampe was haglik. Mense is in tente gehuisves en moes die uiterste Hoëveldse klimaat trotseer, meestal sonder komberse, matrasse en klere. Kos was gebrekkig en van swak gehalte, geen vrugte of groente of vars melk nie. Die gevolg was dat die kinders letterlik weggeteer het, geen krag gehad het en geen weerstand gehad het teen siekte nie.

Sanitasie was gebrekkig, mediese sorg swak en ontoereikend. Siektes het in kampe uitgebreek soos bv masels in 1901 en duisende sterf in die kampe.

Amptelike steftesyfers volgens die Vrouemonument is: Kinders meer as 22 000, vrouens meer as 4000 en bejaardes meer as 1500. Latere navorsing dui daar op dat die getalle veel groter is, nader aan 34 000.

VROUEMONUMENT

Pres MT Steyn, gewese President van die Vrystaat het ń oproep gedoen om ñ Vrouemonument op te rig.

1907 is besluit om ń gedenknaald op te rig. Die verarmde volk het dadelik ingespring om fondse bymekaar te kry.Argitek Frans Soff ontwerp die monument en Anton van Wouw is die beeldhouer wat byna 2 jaar aan die beelde gaan werk het in Italië.

16 Desember 1913 word hierdie monument onthul deur Mev Steyn. Meer as 20 000 mense woon die onthulling by. Emily Hobhouse kom spesiaal uit Engeland vir die onthulling maar kon weens swak gesondheid die verrigtinge nie bywoon nie. Mev Steyn lees haar toespraak voor.

Pres Steyn se gesondheid was ook nie goed nie en sy toespraak word ook voorgelees. In sy toespraak maan hy die volk dat die Afrikaner sal ophou bestaan as verdeeldheid onder mekaar sou aanhou. Hy waarsku ook dat dit nie sal baat om monumente vir dooies op te rig as lewendes in armoede versink nie.

Die oprigting van die Vrouemonument het baie tweespalt teweeggebring. Onder sekere kringe, veral engelssprekendes was daar kommer dat die monument negatief sou inwerk op die verhouding tussen Afrikaanssprekendes en Engelssprekendes, versoening sou belemmer en die verhouding as Unie van SA met Brittanje sou skaad.

SIMBOLIEK

Simboliek van gedenknaald, strek na bo, na God.

Weerskante van naald is 2 panele met historiese uitbeelding van die konsentrasiekampe en wegvoering na kampe toe.

Twee halfmane vorm ń ringmuur voor monument.

Sentraal is die bronsbeelde van 2 vroue, een hou ń sterwende kind vas. Die moeder se smart is verder as trane, sy tuur in die verte. Die 2de vrou roep na die Here om hierdie tragedie te aanskou. Emily Hobhouse het hierdie geskets, ñ toneel wat sy in die Springfonteinkamp 15 Mei 1901 gesien het. Sy beskryf dit as volg:” The mother neither moved nor wept. It was her only child. Dry-eyed but deadly white, she sat there motionless looking not at the child but far, far away into the depths of grief beyond all tears. A friend stood behind her who called upon Heaven to witness this tragedy, and others crouching on the ground around her wept freely.” Emily is oorlede op 66 jarige ouderdom in London, 8 Junie 1926. Haar as is na SA toe gebring en in ñ nis in die basis van die Vrouemonument geplaas. Duisende mense het haar begrafnis hier bygewoon, sommiges wat kampe oorleef het. Sy het ń aanskoulike staatsbegrafnis ontvang. 6 dogters het die draagbaar gedra met die enkele kissie op en 200 dogters het hulle gevolg, almal in ligpers geklee.

GRAFTE

Binne die ringmuur vind ons nog 4 grafte. Díe van President Steyn, sy vrou Tibbie Steyn, Genl Christiaan de Wet, ds JD Kestell.

Bronne:Internet. Wikepedia. Miliestronk. BoereafricanaFotos. Internet. Gys Ströh snr Desember 2020.

Sedert 1960 is heelwat nuwe byvoeging gemaak.

ń PRAGTIGE MUSEUM

TUIN VAN HERINNERING met name van oorledenis in kampe, ballinge en geneuwelde burgers.

HERDENKINGS AAN SIMBOLIESE OSSEWATREK 1938.

HERDENKING AAN VREDE VAN VEREENIGING

KONSENTRASIEKAMPELangs die geplaveide paadjie na die Vrouemonument is 44 gedenkstene met die name van konsentrasiekampe en die hoeveelheid aangetekende sterftes in die kamp.

BEELDEGROEP

3 beelde

1. AFSKEID

1986 onthul. Beeldhouer Danie de Jager.

Beeld getuig van dapperheid, krag , menslikheid, liefde en opoffering.

ń Boer op sy goedversorgde perd neem afskeid van sy vrou en kind, mauser oor die skouer, bandolier vol patrone, saalsak vol beskuit, kombers opgerol, waterbottel, goed geklee, opslaanhoed, gereed vir die stryd.

Tog kommer oor vrou en kind, gaan hulle versorg wees, gaan hulle veilig wees, gaan hy hulle ooit weer sien, gaan hy sy kind sien grootword? Min wetend wat wag, nooit kon dink dat sy en haar kind soos diere aangejaag sou word na helkampe.

Die vrou is trots, hou baba beskermend vas. Kommer of hy geskiet gaan word of gevang sou word. Nooit kon dink dat hy as banneling 1000de km weggevoer sou word die vreemde in nie.

2. BANNELING 1983

ń Man, ń ou man, en ń weerlosie seuntjie hou krampagtig vas aan die dek van ń Britse skip, onseker oor wat wag. Die seuntjie lyk of hy wil huil, beide tuur na hulle vaderland wat al verder wegraak soos hulle skip wegvaar na ballingskap in die vreemde, ver weg van geliefdes en bekende. Beide groet in stilte die bekende.

Minstens 27 000 Boere is so gevange geneem en minstens 24 000 is weggevoer as bannelinge na vreemde plekke soos St. Helena, Indië, Ceylon, Bombaai, Bermuda ens.

Die beeldhouer het ń gevoel van verlatenheid, onsekerheid en ook gevoel van beweging geskep deur die seewind wat van agter waai en die effense kanteling van die dek.

Gevange maar steeds voorwaarts.

3. BITTEREINDER 1994

ń Boer op sy uitgehongerde perd.

Plase is afgebrand, voedingsbronne is vernietig.

Gehawend en verslete, net ń skadu van wat man en perd was.

Leë bandelier, geen saalsak en kombers meer nie, regop en trots.

Hierdie Bittereinders, sowat 13 000 van aanvanklike 60 000 manne, het met merkwaardige deursettingsvermoë en uithouvermoë tot die bittere einde geveg onder leiding van Genl Koos de la Rey en Genl Christiaan de Wet.

Gedwonge oorgawe, wapen neerlê ter wille ban voortbestaan van volk. Ter wille van vroue en kinders in helkampe.

PRESIDENT STEYN

Nuutste toevoeging is die beeld van Pres Steyn, Staatspresident van die Vrystaat 1896-1902.

Díe beeld het voor die Universiteit van die Vrystaat gestaan en was altyd die trots van studente. Menige gradeplegtigheidsfotos by die beeld geneem.

Ongelukkig in 2020 moes hierdie beeld verskuif word ter wille van beskerming van beeld. Die gebrekkige kennis van geskiedenis onder studente en universiteitsbestuur, die transformasiebeleid van die universiteit en die beleid van dekolonisering en verafrika vanaf owerhede en regering en studente het genoodsaak dat die beeld verskuif moes word voor vandale die beeld heeltemal vernietig.

Nou waak Pres Steyn weer oor die Vrouemonument en tuur oor Bloemfontein.

Maak 'n opvolg-bydrae