Waterval Boven / Tonnel / NZASM / ZASM Tonnel

Waterval Boven

Tonnel

NZASM / ZASM Tonnel

WATERVAL BOVEN

Waterval Boven het sy ontstaan in 1895 te danke aan die Oosterlijn Spoorlyn.

Een van Paul Kruger se groot ideale was om vrye deurgang te hê tot ń hawe wat nie onder Britse Bestuur was nie.

Daarvoor het hy hom beywer vir ń spoolyn wat Pretoria en Delagoabaai verbind, die Oosterlijn.

Toe Paul Kruger aan die Volksraad rapporteer dat ń roete gevind is vir ń spoorlyn deur die Elandsrivier vallei was daar ongeloof aangesien dit onherbersame gebied was met baie struikelblokke.

Nogtans is hierdie roete wel voltooi sonder enige noemenswaardige ernstige voorvalle.Die roete wat hierdie spoorlyn gevolg het, was moeilik. Deur koorsgeteisterde Laeveld, teen Drakensbergplatorand op tot op die binnelandse plato.

Die platorand was die groot uitdaging. Sommige plekke was die helling 1 op 20.

Daar is besluit om ń tonnel te grawe deur die Elandsberg, ń Vyfboogbrug van gekapte klip oor die Dwaalheuwelspruit te bou (voltooi en oopgestel Junie 1894) en om ń ratspoor van meer as 3 km te gebruik.

TANDRATSPOOR

Waterval Boven sowel as Waterval Onder het beide hulle ontstaan te danke aan hierdie spoorlyn.

Hulle moes personeel huisves en ook as depot dien vir die spesiale tandratlokomotiewe.

Tussen Waterval Boven en Waterval Onder was die enigste tandratspoor in Afrika, gebou volgens die Riggenbachsisteem.

Die spoor is aangepas sodat die trein nie op die steil hellings sou teruggly nie.

ń Ekstra lokomotief is ook voor of agter die trein gekoppel om te help stoot teen die opdraande of om te help rem teen die afdraande.

Waterval Boven was ń gewilde woonplek aangesien dit op die rand van die plato geleë was met ń matige klimaat en vry van die koors.

Die spoorlyn het Waterval Boven Junie 1894 bereik.

Die ratspoor was in gebruik tot 1908 en is vervang met nuwer en beter tegnieke.

VYFBOOGBRUG

Die Vyfboogbrug is van gekapte klip gebou om die spoorlyn oor die Dwaalheuwelspruit te laat gaan.

Die brug is op 20 Junie 1894 vir verkeer oopgestel en die tandratspoor het daaroor geloop.

Later met die voltooiing van ń nuwe spoorlyn was dit vir ń tyd lank as padbrug gebruik totdat die nuwe tonnel gebou is en die huidige pad gemaak is.

Daarna nie meer in gebruik nie.

1963 is die Vyfboogbrug as Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar.

NZASM TONNEL

Die NZASM tonnel, Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Spoorweg Maatschappij, is die eerste tonnel gebou in die Tranvaal.

Hierdie historiese tonnel deur die Elandsrivierberg is ń uitstaande ingeneursprestasie.

Die tonnel was deel van die Oosterlijn Spoor wat Pretoria en Delagoabaai moes verbind, opgerig deur die ZAR, in ń strewe om polities en ekonomies onafhanklik te bly.

Werk aan die tonnel het begin in Oktober 1892.

Twee spanne, hoofsaaklik mynwerkers, het weerskante begin boor en sny.

Die verantwoordelik persone was ingeneurs Sissingh en Bouten as hoofvoorman van die Nederlandse Suid-Afrikaanse Spoorweë.

September 1893 het die twee spanne mekaar ondergronds ontmoet met die ontmoetingspunt in die senterpunt korrek tot binne 50 mm.

Absolute ingeneursvernuf.

Met hamer en pik en geweerkruid het hulle die tonnel oopgeboor.

Die wande van die tonnel is uitgeplavei en versterk met klippe wat in Italië gekap was en uitgevoer is na die ZAR en hier in posisie geplaas is.

Die tonnel is 212 meter lank met ń 250 m radius.

Oostelike deel van die berg is weggeblaas en aan die ander kant sny die spoorlyn deur soliede rots om die tonnel so kort as moontlik te maak.

In die middel is ń nis gebou waarin werkers aan spoorlyn kon skuil vir ń aankomende trein, andersins moes hul plat gaan lê onder teen die wand van die tonnel.

ABO:

Nadat die Briite beheer oor die spoorlyn verkry het, het hulle 3 Rice-tipe blokhuise (ronde sinkgeboue) strategies bo-op die ZASM tonnel opgerig.

Hierdie tonnel was in gebruik in 1908 toe ń nuwe spoorverlegging voltooi is.

Hierna is dit vir ń tyd lank vir motorvervoer gebruik.

1970’s is die tonnel weer tydelik gebruik tydens die bou van die Nasional Pad , N4.

Die nuwe tonnel is langs die ou historiese tonnel gebou.

Die bou van die nuwe tonnel deur dieselfde berg met moderne toerusting en tegnieke het maande lank gevat en is telkens vertraag vir onbepaalde tye. Dit sê baie van die uniekheid en vernuf van die mynwerkers wat die eerste tonnel gebou het met pik en graaf.

Die ZASM tonnel is verklaar as Nasionale Monument.

ń Stappie deur die stikdonker tonnel, oor ongelyke grond, sand en klippies vloer eindig in ń asemrowende blik oor die Elandsrivier Waterval en die Vyfboogbrug.

Bronne: Internet. Heritage Portal Waterval Boven 100 jaar 1895 -1995Krugerhof Brosjure

Foto’s: Internet. Gys Ströh snr Mei 2022, Marius Bakkes Aug 2022 Facebook

Maak 'n opvolg-bydrae